1798: GERRIT MARITZ

KULTUURDAGBOEK 24 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Gerhardus Marthinus Maritz (algemeen bekend as Gert of Gerrit) is in Maart 1797 in die Graaff-Reinetse distrik gebore en op hierdie dag is hy gedoop.

Die verskrikking, plundering en verwoesting deur die Kôsa- en Hottentotbendes wat hy as sewejarige seun in die Suurveld deurgemaak het, het 'n blywende indruk op hom gemaak.

In 1811 het sy vader as baaspadmaker en timmerman hom op Graaff-Reinet gevestig, en daar het die jeugdige Gert hom as wa-maker bekwaam en spoedig die voorste wa-maker op Graaff-Reinet geword. Sy wa-makery het 'n bloeiende onderneming, en hy een van die vermoëndste manne in die distrik geword.

Sy sewe spoggerige kakebeenwaens waarmee hy op trek gegaan het is bewys daarvan. Die waens was kenmerkend van homself: presies, netjies en deftig.

Hy is op 14 Mei 1820 met Augenitha Maria Olivier getroud. Ses kinders is uit die huwelik gebore.

In September 1836 het die Maritzmense van Graaff-Reinet af vertrek om permanent die Kaapkolonie te verlaat. Op die Groot Trek het hy deurgaans 'n leidende rol gespeel totdat hy op 23 September 1838 by Sooilaer aan die oewers van die Klein-Tugela oorlede is. Op sy sterfbed het hy gesug: "Dit is my gegaan soos Moses, ek het die beloofde land gesien, maar bewoon sal ek dit nie."