KULTUUR- DAGBOEK 3 JULIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

1967: Die FAK hou hulle eerste kongres oor skoolmusiek- en sang. Ná uitgebreide onderhandeling veral met die Transvaalse Onderwysdepartement en die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste oor musiekonderrig hou die FAK deur middel van sy Musiekkomitee sy eerste Kongres oor Skoolmusiek- en sang van 3 – 5 Julie 1967 in Johannesburg. Onder groot belangstelling geniet die onderwerpe Doelstellings met Musiekbevordering; Musiekwaardering; Sang op hoërskoolvlak; Operettes, kunswedstryde en sangfeeste; en Instrumentale Musiek op skool, groot aandag. Die 2e kongres is gehou in Julie 1969 op Kroonstad, die derde in April 1972 op Stellenbosch en die vierde in April 1974 in Port Elizabeth. Hierdie kongresse het ongetwyfeld rigtinggewende invloed op Afrikaanse musiek en sang in Afrikaanse onderwysinrigtings uitgeoefen.