Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1982: Pres CR Swart het as vyfjarige tydens die Tweede Vryheidsoorlog die smarte van die konsentrasiekamp in Winburg beleef. Later het hy as advokaat in die Bloemfonteinse Hooggeregshof (1919-1948) opgetree. Hy was ook 'n joernalis en as politikus het hy die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika geword (1961-1968). Hy was ook lid van die stigtingskomitee van die FAK, erelid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, kansellier van die Universiteit van die OVS en kinderverhaalskrywer. Die hoƫrskool, Staatspresident CR Swart in Pretoria, is na hom vernoem en hy het daarom talle kere vir die kinders gaan "kuier" wanneer die leerlinge dan sommer 'n hele klompie vakperiodes oorgeslaan het, almal na die saal gegaan het en vasgenael gesit en luister het na sy baie interessante vertellinge.
Hy is op hierdie dag in die ouderdom van 87 jaar in Bloemfontein oorlede.
2. 1666: Leeus het aan die eerste inwoners van die Kaap groot hoofbrekens besorg en die gebrul is gereeld duidelik van Leeuberg af gehoor vanwaar hullle toegeslaan en van die osse verskeur het. Om die bedreiging doeltreffend die hoof te bied is daar op hierdie dag aan elkeen wat 'n leeu platgetrek het, 25 gulden (destyds sowat R4.15) as beloning gegee.
3. 1685: Lees in hoofartikel oor die opdragte aangaande slawebehandeling.