1916: SLAG BY DELVILLEBOS

KULTUURDAGBOEK 17 JULIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Slag by Delvillebos het ses dae en vyf nagte geduur, van 15 Julie tot 20 Julie 1916, maar dit was waarskynlik die nag van 17-18 Julie wat die Suid-Afrikaners die hardste getref het.

Op 15 Julie het die Suid-Afrikaanse Brigade onder bevel van genl-maj HT Lukin bevel gekry om Delvillebos en omgewing tot elke prys teen die vyand te verdedig. Die Duitse magte moes uit Devillebos verdryf word om sodoende te kan verseker dat 'n flank van die 'United Kingdom Brigade' beskerm kon word.

Op 15 en 16 Julie is Delvillebos bestorm. Die Suid-Afrikaners het geen tyd gehad om enige skuiling te soek of om in te grawe nie. Die vyand het dadelik met sy hele mag 'n teenaanval geloods. Die Suid-Afrikaanse Brigade het egter nie 'n duim teruggeval nie.

In die nag van 17 en 18 Julie was die Suid-Afrikaners die teiken van hewige artilleriebombardemente. Die aanval het gereeld vergroot toe die Suid-Afrikaners nie terugval nie.

Op 20 Julie het slegs drie offisiere en 140 man uit Delvillebos teruggekeer. Van die oorspronklike 3 433 mense in die Suid-Afrikaanse Brigade het minder as 750 oorgebly. John Buchan skryf die volgende van die Suid-Afrikaners:
"The six days and five nights on which the South Africans held the most difficult post on the British front, a corner of death on which the enemy fire was concentrated as all hours from all sides... constitute an epoch of terror and glory scarcely equalled in the campaign."