1903: SEN JAN DE KLERK

KULTUURDAGBOEK 22 JULIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Ons waag dit hier om oor FW de Klerk se vader, senator Jan de Klerk te skryf aangesien hierdie man as suiwer nasionalis vandag seker nog in sy graf ronddraai nadat sy verraaierseun ons land aan 'n spul Swart Kommuniste verkwansel het vir 'n aardige sommetjie in sy sak. Net vir wie nog twyfel: mnr Willie Marais het as leier van die Herstigte Nasionale Party destyds vir FW 'n brief geskryf waarin hy hom gekonfronteer het oor die spesifieke bedrag (etlike miljoene) wat hy saam met die Nobelprys vir Vrede ontvang het nadat hy Suid-Afrika uitverkoop het, en FW het dit nie betwis nie.

Terug na sy goeie pa: Johannes de Klerk is op hierdie dag op Burgersdorp in die Kaapprovinsie gebore. Sy laerskoolopleiding ontvang hy op Aliwal-Noord waar hy op sy eerste skooldag reeds 'n pak slae op die lyf geloop het omdat hy Afrikaans op die skoolterrein gepraat het.

Hy het hom op Potchefstroom as onderwyser bekwaam en was van 1927 tot 1945 aan die onderwys verbonde, onder meer as hoof van 'n Afrikaanse hoërskool in Primrose naby Germiston.

Van 1945 wy hy hom heeltyds aan die politiek as hoofsekretaris van die Naionale Party, LPR en LUK in die Provinsiale Raad van Transvaal. Sy belangstelling in die politiek is deels te danke aan adv JG Strijdom wat in 1930 met mej Susanna de Kerk, die suster van sen Jan de Klerk getroud is.

In 1954 word hy Senator en Minister van Arbeid en Openbare Werke, later Minister van Binnelandse Sake, en daarna Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap.

Hy word op 6 Junie 1969 President van die Senaat, in welke amp hy in Oktober 1971 as Staatspresident waargeneem het tydens pres Fouché se staatsbesoek aan Iran.

As lid van die Uitvoerende Komitee van die Transvaalse Provinsiale Raad en as Minister van Onderwys het hy 'n leidende rol gespeel in onderwysbeplanning en –wetgewing. Die totstandkoming van die Nasionale Onderwysbeleid kan beskou word as sy belangrikste doel as Minister.

Ere-doktersgrade is deur die Universiteite van Potchefstroom (1960) en Port Elizabeth (1975) aan hom toegeken.

Hy het ook die Dekorasie vir Voortreflike Diens in 1974 van die Staatspresident ontvang en was trouens maar die sede persoon wat hierdie hoë toekenning ontvang het.

Na 'n termyn van agt jaar as President van die Senaat het hy in 1975 uitgetree en hom op Krugersdorp gevestig. Hy is op 24 Januarie 1979 oorlede.