1874: EERSTE BURGERSPOND OORHANDIG

KULTUURDAGBOEK 25 JULIE

Van die bekendste Suid-Afrikaanse munte is die Burgersponde van 1874, wat genoem is na pres TF Burgers wat die inisiatief geneem het om goud uit Pelgrimsrus na Londen te stuur om gemunt te word.

Die eerste Burgerspond is op 25 Julie 1874 in Londen aan mnr JJ Pratt, konsul-generaal van die ZAR oorhandig. In 1898 het pres SJP Kruger aan Samuel Marks verlof gegee om die Munt van die ZAR vir een dag te gebruik in ruil vir 'n paar leeus uit klip gekap.

Marks het toe 215 goue tiekies laat munt. Een van hulle is destyds vir R500 verkoop.

Toe die ZAR na Oos-Transvaal moes vlug nĂ¡ die inname van Pretoria deur die Britse magte in 1900 in die Engelse Oorlog en geld skaars geraak het, is die 'Veldpond' op Pelgrimsrus geslaan. Op die voorkant het die letters en syfers ZAR 1902 gestaan en agterop die woorde Een Pond. Ongeveer 1 000 Veldponde is geslaan.