Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1873: Die eerste uitgawe van De Volkstem verskyn. Dit was die eerste Afrikaans-Hollandse daaglikse nuusblad wat noord van die Oranjerivier verskyn het. Hierdie pro-regeringsblad (het later soos die meeste onder liberale invloed gekom) is deur Johannes Francois Celliers op versoek van pres Burgers opgerig en het as spreekbuis vir die Afrikanersaak opgetree. In 1927 is die naam verafrikaans tot Die Volkstem. Hierdie koerant het to 1951 voortbestaan.
2.1938: Lees ook in hoofartikel oor die simboliese Ossewatrek wat begin by die Jan van Riebeeck-standbeeld in Kaapstad voor 25 000 mense en wat in Desember 1938 by die Voortrekkermonument buite Pretoria eindig.
3. 1959: Stigting van die Afrikaanse kultuurvereniging in Pretoria: Volk en Verdediging (AKVV): Die doel was enersyds om die gaping wat tussen die volk en lede van sy verdedigingsmag bestaan, te oorbrug, maar ook om die militêre verlede van Suid-Afrika as deel van ons kultuurerfenis behoue te laat bly. Twee naamsveranderings, nl Afrikaanse Weermagskultuurvereniging (AWKV) in 1972 en Afrikaanse Kultuurvereniging Volk en Verdediging (AKVV) in 1975, het gevolg.