Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 13 OKTOBER
Die kinders van die Jacobs-familie van die plaas De Kalk in die omgewing van die latere Hopetown, het met 'n eienaardige klippie gespeel toe 'n boer, Schalk van Niekerk, dit opmerk en vermoed het dat dit 'n diamant is. 'n Verbygaande handelaar, Johan O'Reilly, het dit ondersoek waarna dit geblyk het 'n damant van 21.25 karaat te wees – die eerste wat in Suid-Afrika gevind is.
Verdere ontwikkelings het tot 'n algehele ekonomiese omwenteling in Suid-Afrika aanleiding gegee. Die diamantdraende gebied het die westelike deel van die Vystaatse Republiek uitgemaak, maar soos verwag kon word van die rowende Brittanje het sir Henry Barkly, die Britse Goewerneur en Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, dit skaamteloos as deel van die Kaapkolonie opgeëis.
Diamantontdekkings in die westelike deel van die ZAR het die Britse anneksasielus nog verder aangewakker. Onbeholpe onderhandeling aan die kant van die Transvaalse pres, MW Pretorius, het ook daartoe gelei dat die arbitrasie-uitspraak van goew Keate van Natal in Oktober 1871 ten gunste van die stamhoofde, wat die Britse owerheid goedgesind was, Transvaal hulle diamantvelde ontneem het.
Enkele dae na die Keate-uitspraak het Barkly ook die Vrystaatse diamantvelde, ondanks besware van pres JH Brand, geannekseer. Weens die onwilligheid van die Kaapse Parlement, is die gebied vir eers direk deur Brittanje geadministreer. Hierdie optrede deur ons Engelse oorheersers het weer eens die ware rede vir hulle annekseringswaan bevestig – soos president Paul Kruger later gesê het: dis nie stemreg wat julle soek nie, dis my land (met al sy ondergrondse rykdomme) wat julle wil hê!
Die ontdekking van diamante het die mynboubedryf in Suid-Afrika aan die gang gesit buitelandse kapitaal het die land ingestroom en groot maatskappye het tot stand gekom om hierdie rykdom te ontgin.
Naas die ekonomiese ontwikkeling het dit 'n nuwe soort gemeenskap geskep waar avontuurlus, materialisme en maatskaplike probleme oorheers het. Die grootskaalse sametrekking van verskillende kultuur- en rassegroepe op die diamantvelde by Kimberley het ontwrigtend op die onderlinge verhoudinge ingewerk. Soos wat rasse-integrasie nog nêrens ter wêreld 'n suksesresep vir goeie verhoudinge was nie, het dit hier tot baie botsings gelei, het ook die kultuurverskille baie groot wrywing meegebring. Die gevestigde Afrikanerbevolking, wat 'n rustige plattelandse bestaan gevoer het, het vreemd teenoor hierdie ontwikkeling gestaan, en vir sover hulle nie as eenvoudige delwers en werknemers daarby betrokke geraak het nie, het hulle hul aan die diamantbedryf onttrek.