1605: VERLOOPTE AFRIKANERS, ARROGANTE BRITTE, EN 'GUY FAWKES' - DAG

KULTUURDAGBOEK 5 NOVEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Baie jare is die stuk Britse geskiedenis wat hom in 1605 afgespeel het, toe ene Guy Fawkes die Buskruitkomplot teen die Britse vors Jakobus I en sy parlement in werking wou stel, ook in Suid-Afrika en selfs deur Afrikaners wat niks begryp het van die oorsprong van hierdie dag nie, heel vrolik saamgevier.

Klappers is afgeskiet, geld is van huis tot huis deur vuilgesmeerde kinders ingesamel, en  vreugdevure is aangesteek. Niemand het eintlik die foltering en verraad rondom die Guy Fawkes-voorval geken nie maar intussentyd is hierdie Britse episode ewe verraderlik in ons land lewend probeer hou.

Algaande het die Afrikaner se nasionale trots en selfkennis egter die oorhand begin behaal en was dit net die waarlik verlooptes en onkundiges wat hierdie dag nog met klappers herdenk het.

Daar het 'n tyd aangebreek waarin Afrikaners meer bewus was van hulle geskiedenis en daarom met vasberadenheid die toekoms met 'n eie identiteit wou betree.

Sodanig het die Engelssprekende Suid-Afrikaners van ons land verinheems dat ook hulle geen waarde meer aan hierdie stuk vreemde geskiedenis heg nie; al het die hoƫ pryse van klappers en ongelukke met hierdie plofspeelgoed asook die beskerming van huisdiere 'n aansienlike invloed gehad om hierdie gesindheid te help meebring.