1931: WESTMINSTER BEVESTIG

KULTUURDAGBOEK 24 NOVEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Balfourverklaring van 1926, wat die onafhanklike status van Suid-Afrika en die ander Britse Dominiums geformuleer het, het geen regsgeldigheid gehad nie. Om wetlike status daaraan te verleen moes dit eers in 'n Britse wet beliggaam word. Terselfdertyd moes die Colonial Laws Validity Act herroep word, want hierdie ou koloniale wet van 1865 het spesifiek bepaal dat geen dominiale wet strydig met 'n Britse wet mog wees nie.

Solank hierdie wet van krag was, was die Dominiums ondergeskik aan Brittanje.

Om dié anomalie uit die weg te ruim en die status van die Dominiums wetlik vasgelê te kry, het die Britse parlement in 1931 die Statuut van Wetminster aanvaar. Dit het die Colonial Laws Validity Act herroep en die Dominiums bevry van enige beheer oor hul wetgewende bevoegdheid.

In Suid-Afrika sou verdere krag hieraan verleen word met die aanvaarding van die Statuswetgewing van 1934.