Nuutste bydraes

Sluit aan by die Waarheidstryders ! GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die voordeel van pyn en lyding is dat dit ons leer om meegevoel met ander lydendes te hê.  Wie al pyn en lyding ervaar het, kan nooit ongevoelig teenoor ander se pyn en lyding staan nie.

1916: PRES M.T. STEYN

KULTUURDAGBOEK 28 NOVEMBER

Lees volledig by Kultuurdagboek

" ...die stryd was 'n smeltkroes waarin die Afrikaner gelouter sou word – 'n skeiding van getroues en ontroues, van hensoppers en bittereinders – 'n tyd wat die Afrikaner binnekort weer in sy volle felheid sal beleef wanneer die Boerevolk van God hom sonder keuse sal moet afskei van die verraaiers, die liberaliste, die geldmagverslaafdes en veral die ongelowiges en diegene wat hulle rug op hul Skepper gekeer het."

Net drie jaar jonger as die Oranje-Vrystaat, sou president Steyn saam met hierdie republiek grootword. Marthinus Theunis Steyn is op 2 Oktober 1857 by Rietfontein digby Winburg gebore.

Soos feitlik alle Vrystaatse seuns van daardie tyd sou hy gaan boer maar op aandrang van regter Buchanan, 'n huisvriend van die gesiene Steyns, besluit hy om hom in Nederland en daarna in Engeland in die regte te bekwaam.

Ná sy terugkeer bou hy 'n florende praktyk as advokaat in Bloemfontein op en met die rondgaande hof ontmoet hy vir Rachel Isabella (Tibbie) Fraser, pastoriedogter van Philippolis, met wie hy in 1887 getroud is.

In 1899 aanvaar hy die benoeming as staatsprokureur en word in dieselfde jaar as tweede strafregter en in 1892 as eerste strafregter aangestel. Toe pres FW Reitz om gesondheidsredes as Staatspresident bedank, word Steyn as die Volksraad se kandidaat benoem en as 'n vurge en oortuigende republikein met 'n oorweldigende meerderheid bó JG Fraser, verkies.

Met 'n indrukwekkende inhuldigingsrede in die historiese Tweetoringkerk op 4 Maart 1896, gee hy 'n verreikende visie aan die Afrikaner se taak as republikein. Allereers moes die Vrystaat in alle opsigte tot 'n modelrepubliek verder uitgebou en versterk word sodat dit in 'n groter eenheid met die ZAR nie mindere nie maar as gelyke kon toetree. Met hierdie ideaal van 'n versterkte Boererepubliek moes daar in die toekoms in die rigting van 'n verenigde Suid-Afrika gewerk word waarin Afrikaans- en Engelssprekende tot heil van Suid-Afrika moes saamwerk. Daarmee het Steyn die grondgedagte omlyn wat genl Hertzog as 'Suid-Afrika eerste!', sou formuleer en het hy ook die weg na die uiteindelike republiekwording van Suid-Afrika aangedui soos dit onder adv JG Strijdom en drf HF Verwoerd verwesenlik is.

Juis die wyse waarop Steyn die Vrystaat op politieke, ekonomiese, pedagogiese en kulturele vlak in sy kortstondige vredestydperk van sy staatspresidentskap versterk het, het selfs die Transvalers na hom laat opsien as die toekomstige leier van die verenigde twee republieke.

Deur sy toedoen was die twee state reeds ver op weg na vereniging gevorder toe die oorlog in 1899 uitbreek en dit verhinder.Steyn het alles in sy vermoë gedoen om die oorlog af te weer maar toe dit blyk dat die imperialistiese magshonger van 'n Chamberlain en 'n Milner nie te keer is nie, was dit Steyn wat die Vrystaters besiel het om trou aan hulle verbond en erewoord aan Transvaal te wees en hulle lot by hul broeders oorkant die Vaal in te werp.

Waar die gety dikwels in die loop van die oorlog teen die Republieke gekeer het, was dit Steyn wat hulle deur daad en voorbeeld gemaan het om trou te wees. Dit was hy wat hulle die betekenis van die stryd getoon het: die stryd was 'n smeltkroes waarin die Afrikaner gelouter sou word – 'n skeiding van getroues en ontroues, van hensoppers en bittereinders – 'n tyd wat die Afrikaner binnekort weer in sy volle felheid sal beleef wanneer die Boerevolk van God hom sonder keuses sal moet afskei van die verraaiers, die liberaliste, die geldmagslawe en veral die ongelowiges en diegene wat hulle rug op hul Skepper gekeer het.

As sommige burgers soos telkens gebeur het, moed wou opgee en vrede sluit, was dit Steyn wat vasgestaan het, waardeur hy inderwaarheid die siel van die ganse vryheidstryd geword het. Soos 'n gewone burger sou hy die stryd tot die einde in die veld meemaak en dikwels sy laaste korsies brood aan ander uitdeel.

Toe die onvermydelike kom, was hy reeds ernstig krank en kon hy aan die vredesonderhandelinge feitlik geen deel hê nie. Deur selfs sy presidentskap neer te lê kom hy 'n troue belofte na om nie sy hand op papier te sit wat die Oranje-Vrystaat se onafhanklikheid sou wegteken nie. Teen alle mediese advies in, neem sy eggenote hom na Europa, waar hy van 'n algehele spierverlamming sodanig herstel dat hy in 1905 weer na sy geliefde Vrystaat kon terukeer.

Op sy plaas, Onze Rust, nie ver van Bloemfontein nie, sou hy nou die mees vertroude leidsman van die Afrikaners word en onder die bekende Boom van Samerswering hulle met raad en daad bystaan om hul politieke en ekonomiese herrysenis te verseker.

Op onderwysvlak steun hy die CNO-beweging en is hy die vader van die bekende Oranje-meisieskool in Bloemfontein; hy bepleit die opheffing van die armblankes; hy steun elke poging om die Afrikaner se taal en kultuur te versterk en is één van die stigters van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Aan die politieke front steun hy die stigting van die Oranje-Unie, is hy 'n hoog gewaardeerde lid van die Nasionale Konvensie en sou hy waarskynlik Suid-Afrika se eerste premier geword het as sy gesondheid dit toegelaat het,

Met die politieke skeuring in 1912 steun hy genl Hertzog, en ook tydens die Rebellie lê sy simpatie by genl De Wet en die protesterendes, hoewel hy ernstige pogings aangewend het om die broedertwis in Afrikanergeledere te voorkom en te heel.

Deur sy toedoen is die Nasionale Vrouemonument opgerig en op 16 Desember 1913 onthul. Min kon hy besef dat hy die eerste sou wees wat in die skoot sou rus van hierdie monument wat hom so na aan hart gelê het. Terwyl hy die Oranje-Vrouevereniging in die Gedenksaal op hierdie dag, 28 November, in 1916 toegespreek het, het hy aan beroerte beswyk.

Dat die Afrikaner vandag so 'n leier en volksman nodig het om hom weer uit die as van 'n gesteelde, besteelde en verwoeste land op te hef tot 'n vooruitstrewende volk in 'n ekonomies standvastige en onafhanklike Suid-Afrika, behoef geen betoog.

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1026 gaste aanlyn