KULTUURDAGBOEK 20 DESEMBER

Die Slag by Bronkhorstspruit: die Boere onder leiding van komdt Frans Joubert verslaan die Britte wat onder bevel van Anstruther was, 4 dae nĂ¡ die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog in 1880.

Kaptein Joseph Johannes (Jopie) Fourie, nasionalis, rapportryer, boer, lid van die Burgermag en 1914-rebel, word teen dagbreek in 1914 in Pretoria vir hoogverraad gefusilleer, ten spyte van pogings van 'n pleitdeputasie om genl Jan Smuts te bereik. Sy grafsteen in die Ou Kerkhof in Pretoria lees: 'Getrou tot die dood. Geoffer vir Volk en Vaderland."