KULTUURDAGBOEK 29 DESEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vyf jaar voor hy sy ware kleure as verraaier en liefhebber van Brittanje tydens die rebellie wys, skryf Louis Botha op hierdie dag van sy plaas Rusthof af aan FS Malan in die Kaap dat hy – Botha – baie bly daaroor is dat Malan vir Onze Jan Hofmeyr as leier van die Afrikanerbond opgevolg het.
Hy sou verder graag die Bond landwyd as 'n sterk politieke faktor wil sien word. Maar hy het veral gehoop dat die gematigde ondersteuners van die Progressiewe Party met die ander partye soos die Bond, die Orangia-Unie en die Het Volk-party sou saamwerk.
As rede voer hy aan dat dit in belang van die Afrikaner is om sy arms wyd oop te maak en sodoende te verseker dat hulle vir goed die regering van die land uitmaak. Daarvoor sou die drie ander partye kan saamsmelt en die gematigdes van die teenpartye by die Afrikaners betrek word.
Daar moes egter taktvol te werk gegaan word en hulle moet eerlik en openlik met mekaar wees ten einde die mees versiende politiek te volg. Slaan hulle die bal nou mis, kry hulle dalk nooit weer die kans nie, skryf Botha. Ongelukkig het hierdie man geen kennis gehad oor wat die begrip eerlik en openlik beteken nie - dit het in 1914 duidelik geword toe hy met leuens en bedrog saam met Smuts die getroue Afrikaners en Boervolk genadeloos laat doodskiet en toesluit het.