1856: 'HET VOLKSBLAD' OPGERIG

KULTUURDAGBOEK 3 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die koerant Het Volksblad is aanvanklik in 1849 in Kaapstad deur BJ van de Sandt de Villiers - - 1826 tot 1878 – opgerig. Dit het net een jaar bestaan maar in 1856 laat Van de Sandt de Villiers dit herleef.

In die stryd tussen die Liberale en Ortodokste Party het die koerant die Liberalisme ondersteun en so vinnig vooruitgang gemaak dat dit spoedig drie keer in plaas van een maal per week kon verskyn.

Die koerant het gestrewe na "samewerking der beide kolonistenrassen ten behoeve van hul Zuid-Afrikaansch vaderland, en van zichzelve als heerschend volk", soos dit deur Ons Tydschrift bewoord is. Hoofartikels is ook deur prof John Noble en adv FS Watermeyer geskryf.

Van 1863 tot 1872 het Jan Celliers die blad geredigeer; hy is opgevolg deur dr JWG van Oordt. Baie van die oudste Afrikaanse stukke het in Het Volksblad verskyn, soos Boerenbrieven uit Fraserburg, deur Samuel Zwaartman, en ook FW Reitz se verwerking van gedigte van Burns.

Die koerant het voortbestaan tot 1886.