1900: SLAG BY PLATRAND

KULTUURDAGBOEK 6 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die enigste poging van Boerekant om die beleërde Ladysmith stormenderhand te verower, het uitgeloop op die slag by Platrand, suid van Ladysmith. Indie dié posisie verower kon word sou Ladysmith val. Ná 'n verwoede geveg met swaar verliese aan albei kante, moes die Boere onder genl Schalk Burger en hoofkmdt M Prinsloo terugval, deels vanweë onoordeelkundige leiding, maar ook as gevolg van toenemende Britse versterkings.