1852: SANDRIVIER- KONVENSIE ONDERTEKEN

KULTUURDAGBOEK 17 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Ná die Industriële Revolusie het Engeland 'n nywerheidstaat geword wat hoofsaaklik in handel belang gestel het. Die Britse regering wou van alle onnodige veranwoordelikhede ontstlae raak en daar was 'n kragtige beweging ten gunste van die prysgee van koloniale gebiede in Suider-Afrika. Gevolglik is gunstig gereageer op kmdt- genl AWJ Pretorius se versoek dat 'n Britse kommissie aangestel word om die betrekkinge tussen Transvaal en die Britse owerheid in Suid-Afrika te ondersoek.

Die Britse assistent-kommissarisse, WS Hogge en CM Owen, het Pretorius en 'n aantal Boere-afgevaardiges by die Sandrivier ontmoet.

Ná onderhandelinge op 16 en 17 Januarie 1852 is 'n traktaat sonder veel moeite opgestel en deur albei partye onderteken. Daarvolgens het Groot Brittanje die soewereine onafhanklikheid van Transvaal formeel erken en onder meer onderneem om geen verdrae met die inboorlingstamme ten noorde van die Vaalrivier te sluit nie.

Die traktaat is in Transvaal met gemengde gevoelens ontvang maar na 'n Volksvergadering op 16 Maart 1852 op Rustenburg het die besware mettertyd verdwyn en het die ooreenkoms die nodige goedkeuring onvang.

Die Sandrivier-konvensie het die grondslag vir die latere ZAR gelê. 'n Klipstapel met 'n bronsplaat daarop dui die plek aan waar die onderhandlinge plaasgevind het en die traktaat onderteken is.