1936: VOORTREKKER- PERS GESTIG

KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

In die politieke woelingsjare van die Afrikaner, die jare der­tig, is die behoefte aan 'n eie Nasionale dagblad in Transvaal baie sterk besef. Op 30 September 1935 het Nasionale leiers onder voorsitterskap van mnr. W.A. Hofmeyr op Stellen­bosch besluit om 'n Transvaalse Nasionale dagblad te begin. Mnr. Pieter Neethling, bekend as die vader van die Voortrekkerpers, het die eerste £5 000 geskenk en daar is besluit om 'n maatskappy — Voortrekkerpers Bpk. — met 'n kapitaal van £150 000 op te rig.

Ná 'n besielende oproep deur dr. D.F. Malan in Die Burger en Die Volksblad het die Afrikaners se bydraes ingestroom en die kapitaaldoelwit is oorskry. In Julie 1936 is 'n perseel in Johannesburg gekoop, 'n gebou opgerig en op 1 Oktober 1937 het die eerste uitgawe van die dagblad Die Transvaler onder die redakteurskap van dr. H.F. Ver­woerd verskyn – 'n mylpaal wat op 'n kritieke tydstip in die Nasionale Afrikanerdom van Transvaal, en in die hartjie van die verstedelikte Afrikanerdom bereik is.