1922: AVBOB GESTIG

KULTUURDAGBOEK 31 JANUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Afrikaanse Verbond Begrafnisondememing Beperk, die bekende begrafnisonderneming en versekeringsaak, word gestig uit 'n vereniging bekend as die Afrikaanse Verbond, wat reeds in 1918 in Bloemfontein 'n voorsorgfonds vir sy lede daargestel het, en word so nie net een van die Afrikaanse pioniersake-ondernemings in die Oranje-Vrystaat nie, maar geniet spoedig erkenning dwarsdeur die land, waar AVBOB gehelp het aan die bou van Afrikaner sake-individualisme.