1656: JAN V RIEBEECK SE SEUNTJIE STERF

KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Anthony, die babaseuntjie van Jan en Maria van Riebeeck, het slegs twee maande oud geword. Omdat daar gedurende hierdie tyd geen predikant aan die Kaap was nie, het hy gesterf sonder dat hy gedoop is.

Die sterftesyfer onder jong kinders was in die sewentiende eeu ontsettend hoog.

Jan en Maria van Riebeeck moes reeds in Nederland hulle oudste seuntjie aan die dood afstaan. Dit is ook bekend dat van Abraham van Riebeeck, seun van Jan van Riebeeck, se elf kinders slegs drie volwassenheid bereik het. Dit was die gebruik onder die hoƫ amptenare van die VOC om hulle seuns na Nederland te stuur om daar onderrig te word. So het Van Riebeeck sy twee oudste seuntjies, Lambertus en Abraham, wat op 20 Maart 1660 saam met die skipper Douwe Aukes na hulle oom, Abraham Quevellerius, in Rotterdam vertrek het, nooit weer gesien nie.