KULTUURDAGBOEK 23 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds op 23 Februarie 1854 het die Oranje Vrystaat tot stand gekom, maar sy onafhanklikheid sou eers drie jaar later op ‘n waardige wyse herdenk word. Dié dag het ‘n besondere betekenis en inhoud verkry omdat die Vrystaatse vlag en die staatswapen — simbole van 'n vrye volk – toe plegtig in gebruik geneem is. Nadat ds. Andrew Murray in gebed voorgegaan het, het pres. Boshof 'n indrukwekkende rede gehou waarna die Vrystaatse Vierkleur vir die eerste keer onder 21 kanonskote gehys en ontvou is.