KULTUURDAGBOEK 3 JANUARIE

Het Volksblad, 'n Kaapse koerant, se deure word weer deur BJ van de Sandt de Villiers in 1856 oopgemaak nadat dit 7 jaar tevore vir 1 jaar lank bestaan het. Dit bestaan tot 1886.

The Cape Argus, 'n Kaapse koerant wat steeds betaan, word deur BH Darmell en RH Murray in 1857 gestig.

Die Slag by Syfergat: In 1900 misluk 'n Boereaanval aan die Kaapse noordgrens tydens die Tweede Vryheidsoorlog toe Britse versterkings uit Sterkstroom opdaag.