KULTUURDAGBOEK 13 JANUARIE

De Gereformeerde Kerkbode in Zuid-Afrika, kerkblad van die Kaapse Nederduitse Gereformeerde Kerk, verskyn vir die eerste keer in 1849, in 1910 word dit die blad van die hele NG Kerk in SA.

Casparus Petrus Hoogenhout, skrywer, digter, taalstryder vir Afrikaans, eerste redakteur van Di Afrikaansche Patriot en stigterslid van die Genootskap van Regte Afrikaanders, (GRA), is in 1922 naby Wellington in die Kaap oorlede.