KULTUURDAGBOEK 14 JANUARIE

Genl Christiaan Hendrik Muller, krygsman tydens die Tweede Vryheidsoorlog, bittereinder, 1914-rebel, voorsitter van die Landraad, direkteur van die Landbank en Nasionale Party LV (Pretoria-Suid), is in 1945 in Johannesburg oorlede.

Genl Benjamin Johannes (Ben) Viljoen, polisieman, joernalis en lid van die tweede Volksraad van die ZAR, militêre strateeg en banneling na St Helena (waar hy sy oorlogsherinneringe te boek staaf), is in 1917 te La Mesa, Nieu-Mexiko, oorlede. In lewe het hy deelgeneem aan die veldslae by Elandslaagte, Nooitgedacht, Vaalkrans, Donkerhoek, Berg-en-Dal, Renosterkop en Helvetia. Hy het soos baie ander, nie teruggekeer na Suid-Afrika nie vanweë sy weiering om die eed van getrouheid aan die Britse Kroon af te lê na afloop van die oorlog.

Prof Bun Booyens, Afrikaanse kultuurhistorikus, is in 1916 gebore.

Hendrik Andries Hanekom, Afrikaanse akteur en Suid-Afrikaanse volksteaterpionier, is in 1952 in die Strand (Suid-Kaap) oorlede. Hy ontvang in 1945 'n erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns.