KULTUURDAGBOEK 15 JANUARIE

Daniƫl Francois du Toit (Oom Lokomotief), stigterslid van die GRA en 14 jaar lank redakteur van Die Afrikaansche Patriot, is in 1846 op Kleinbos, Dal Josafat in die Kaap gebore. Die taalaktiviste SJ du Toit en D du Toit (Daantjie Dokter) was onderskeidelik sy broer en sy neef.

Die Afrikaansche Patriot, spreekbuis van die GRA verskyn vir die eerste keer in 1876 onder redaksie van ds SJ du Toit. Dit bestaan tot 1904.

Die eerste Afrikaanse Taalkongres vind op hierdie dag in 1896 plaas.

Jacobus Johannes (Koos) du Plessis, joernalis, koerantredakteur en Afrikaanse digter en liedjieskrywer, sterf in 'n motorongeluk op Sondagnag in 1984. Hy het in 1983 'n oorkonde van die ATKV ontvang vir sy bydrae tot Afrikaans.