KULTUURDAGBOEK 16 JANUARIE

Die eerste Afrikaanse taalkongres, waarop daar onder andere besluit word om die Afrikaanse nuusblad Ons Klyntjie uit te gee, word in 1896 in die Paarl in die Kaap gehou. Ons Klyntjie, met die leuse: "Klyn begin, aanhou win" kry op daardie dag reeds 500 intekenare.