KULTUURDAGBOEK 1 FEBRUARIE

Al gewonder van wanneer dateer die vanne soos Schmidt, Ackerman, Dönges, Kruger, Schultz ea? In 1857 land 2 918 Duitse setlaars onder beskerming van baron Von Stutterheim in Oos-Londen in die Kaap. Hulle vestig op Potsdam, Stutterheim, King Williams Town en Berlin. Baie vertrek later na Indië vir militêre diens, maar in 1858 land nog 2 700 Duitse setlaars in Suid-Afrika.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag (SAL) kom in 1920 tot stand.

Builepes breek in 1901 in Kaapstad uit.

Die nuwe staatspresident van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, Jan Hendricus Brand, begin met sy taak in 1864.

Die Gedenkschool der Hugenoten word op die plaas Kleinbosch Daljosafat in die Kaap in 1883 geopen.