KULTUURDAGBOEK 2 FEBRUARIE

Die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) se grondwet word in 1858 met Potchefstroom as hoofstad en Pretoria as setel van die regering aanvaar.

Jan van Riebeeck teken in 1659 in sy dagboek aan dat die eerste druiwe aan die Kaap gepars is.

Die weekblad, Die Brandwag, verskyn in 1937 vir die eerste maal as bylae tot Die Vaderland, met Otto E Schwellnus as redakteur.