Die Ossewa-Brandwag (OB), 'n Afrikanerkultuurorganisasie, word in 1939 in Bloemfontein gestig met kol J Laas as leier. Dit bestaan tot 22 Augustus 1952.
Genl Pieter Arnoldus (Piet) Cronjé, kommandant-generaal tydens die Eerste Vryheidsoorlog en aanvoerder van die ZAR-magte by die veldslae van Mafeking, Magersfontein en Paardeberg, is in 1911 op sy plaas Palmietfontein naby Ventersdorp in Transvaal aan 'n beroerte oorlede.
Mattheus Uys Krige, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (vir Frankryk), vertaler, joernalis, oorlogskorrespondent, skrywer en digter, is in 1910 in Bontebokskloof naby Swellendam in die Kaap gebore. Hy verower die Hertzogprys vir Poësie in 1974 en vir Drama in 1985.