KULTUURDAGBOEK 9 FEBRUARIE

Die grootste brand in die geskiedenis van Suid-Afrika onstaan in Knysna aan die Kaapse Tuinroete in 1869. Dit strek van Uitenhage tot Swellendam en woed etlike dae. 31 Mense verloor hulle lewens, duisende stuks vee brand dood en honderde plase word vernietig.

Dr Johan Kestell (Vader Kestell) predikant, NG-moderator en, saam met genl De Wet en pres Steyn een van die Vrystaatse Driemanskap, is in 1941 oorlede. Soos De Wet en Steyn is sy graf ook aan die voet van die Vrouemonument by Bloemfontein in die Vrystaat.