KULTUURDAGBOEK 11 FEBRUARIE

Goew Simon van der Stel tree in 1699 af as Kaapse goewerneur. Hy word deur sy seun Willem Adriaan (Wilhelm Adriaen) opgevolg.

Die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika word in 1859 op Rustenburg in Transvaal gestig met ds Dirk Postma as eerste leraar.

Johannes van Melle, onderwyser, Afrikaanse digter en skrywer (onder meer van Bart Nel en Verspeelde Lente) wat later verfilm is, is in 1887 in Goes in Nederland gebore.