Ermelo in Transvaal is in 1880 deur ds Frans Lion-Cachet, ouer broer van die Afrikaanse skrywer, ds Jan Lion-Cachet, gestig.
Die Tweede Verdrag van Aliwal-Noord, wat 'n nuwe grens tussen die Republiek van die Oranje-Vrystaat en Basoetoland vasstel, word in 1869 gesluit.
Dr Albertus Daniƫl Keet, mediese praktisyn van Senekal in die Vrystaat is in 1972 oorlede. Hy was ook 'n Afrikaanse digter (onder andere Gedigte en Verspotte gediggies vir verspotte Kinders) wie se minnedigte onder andere getoonset is deur ML de Villiers en S le Roux Marais. Die Bybelvertaler, prof BB Keet, was sy ouer broer, en die Afrikaanse letterkundige, prof PJ Nienaber, 'n besondere vriend van hom.