KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE

Die Blaawkrantzmoorde: op hierdie Saterdagnag in 1838 ná die moord op Piet Retief en sy burgers, val die Zoeloekoning, Dingaan, se impi's ander Natalse Voortrekkers aan:  die gesinne Liebenberg, Rossouw, Bezuidenhout, Greyling, Bothma en Engelbrecht word op hierdie nag naby Estcourt en Weenen in Natal uitgemoor. Volgens sommige bronne sterf 41 mans, 56 vroue en 97 kinders. 'n Jong Italiaanse meisie, Therese Viglione, Heila en Fea Robbertse en die gewonde Daniël Bezuidenhout jaag te perd om die Voortrekkerlaers verderaan te waarsku dat die Zoeloes aanval. Catherina Prinsloo, Johanna van der Merwe en Elizabeth de Beer word onthou vir hulle dapper optrede daardie nag.