KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE

FW de Klerk roep in 1992 die referendum vir blankes uit waarin hy hulle gruwelik verneuk deur voor te gee dat hy 'n meerderheid ja-stem vra slegs vir onderhandelinge met anti-apartheidsorganisasies, waarna hy glo na die volk sou terugkom om daaroor verslag te doen. Dit is ook wat op die stembriefie geskryf was, of die kieser sy goedkeuring gee vir onderhandelings, nié om Mandela te bevry nie. Maar in plaas van sy belofte om terug te kom na die volk vir onderhandelinge misbruik hy toe die meerderheid ja-stem om Mandela uit die tronk te haal en die land op 'n skinkbord aan die terroristiese swart organisasie wat toe reeds duisende van ons blankes vermoor het, die African National Congress, persent te gee. Die hele proses was 'n onwettige handeling waarvoor die Nasionale Party geen mandaat van die volk gehad het nie. Die ANC wat die afgelope 17 jaar hierdie voormalige Eerstewêreldland in die grond in afgebreek het deur korrupsie en onbeheerbare misdaad waarin gemiddeld 60 mense per dag sterf, "bestuur" hierdie land dus totaal onwettig.