KULTUURDAGBOEK 27 FEBRUARIE

Die Slag van Majoeba: die Boere onder bevel van genls Smit en Joubert verslaan genl Colley se Britse mag op hierdie Sondag in 1881 op die 'Berg van Duiwe', Amajuba. Hierdie veldslag beëindig die Transvaalse of Eerste Vryheidsoorlog: "Remember Majuba" word die Britte se kreet van weerwraak tydens die Tweede Vryheidsoorlog 18 jaar later.

Die Beleg van Paardeberg en die Slag van Paardeberg (OVS): genl Piet Cronjé gee na 'n beleg van 10 dae in 1900 met 46 offisiere en 3 873 man oor aan die Britse lord Roberts en sy mag van ongeveer 33 000 tydens die Tweede Vryheidsoorlog.