KULTUURDAGBOEK 1 MAART

Gerrit Maritz (Gerhardus Marthinus), Voortrekkerleier, is in 1797 in die Suurveld gebore. Hy trou met Anganitha Maria Olivier. Sy suster was met die sendeling, Erasmus Smit, getroud.

Dr Andries Gerhardus Visser, huisarts, opvoedkundige, Afrikaanse skrywer en geliefde volksdigter, is in 1878 op die plaas Zaaifontein, Fraserburg in die Kaapse Karoo gebore, waar hy grootword tot sy dertiende jaar. Sy mediese kwalifikasie verwerf hy in Edinburg in Skotland. Hy was 'n vriend die digter Eugène Marais, wat hom in die laaste vier jaar van sy lewe op Heidelberg in Transvaal aangemoedig het om te publiseer. Visser, Marais en James Miller Sinclair het 'n draaiboek, 'n Dogter van die Veld, saam geskryf wat verfilm is. Die negatief van die film het saam met die skop op see vergaan.