KULTUURDAGBOEK 6 MAART

"Ek ben een Afrikaander", se Hendrik Bibault as 17-jarige in 1707 in 'n onderonsie met landdros Starrenburg in Stellenbosh. Hierdie geval is opgeteken as die heel eerste persoon wat as Afrikaner na homself verwys het.

Jan Hendrik (Onze Jan) Hofmeyr lewer sy bekende toespraak, "Is't ons ernst?" in 1905 in Stellenbosch waar hy pleit vir die behoud van Nederlands.

Prof Carrellina Pieternella (Lina) Spies, bekroonde Afrikaanse digter, skrywer , vertaler, akademikus, lektrise en professor aan die Unversiteit van Port Elizabeth, Stellenbosch en Pretoria, is in 1939 In Harrysmith in die Vrystaat gebore. Sy ontvang die Ingrid Jonker-prys en Eugéne Marais-prys vir haar debuutbundel Digby Vergenoeg – 1971.