KULTUUR- DAGBOEK 18 APRIL

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. Martin Luther verskyn in 1521 op las van die Rooms Katolieke Pous voor die Ryksdag van Worms om sy standpunt soos vervat in sy 95 Stellings – dat die Bybel die enigste gesaghebbende openbaring van God is – te verdedig. Lees hieroor in hoofartikel.

2. 1862: Op hierdie dag het die Volksraad van die ZAR besluit om Stephanus Schoeman uit sy betrekking as waarnemende president en as kmdt-genl en lid van die Uitvoerende Raad te skors omdat hy aan "pligtverzuim met voorbedachtheid" skuldig bevind is. Schoeman het op 18 April die brief ongeopen aan die Volksraad teruggestuur omdat dit nie aan hom as waarnemende staatspresident en kmdt-genl gestuur is nie maar slegs aan die heer Schoeman gerig is.

'n Deputasie het hom later mondeling van die besluit in kennis gestel want die brief wou hy nie aanvaar nie. Die Volksraad het nietemin op dieselfde dag vir WCJ van Rensburg eervol uit sy amp as waarnemende komdt-genl ontslaan en eenparig as waarnemende president gekies en beëdig. Uit hierdie daad het onder meer 'n ernstige burgeroorlog in Transvaal gevolg wat in 1864 deur die toedoen van veral kmdt SJP Kruger te midde van geweld en die dood van talle burgers beëindig is. Van Rensburg is in 1976 in die Heldeakker van Pretoria herbegrawe. Hy is immers in April 1863 wettig deur die volk bo MW Pretorius in hierdie amp van staatspresident verkies.

1658: Die eerste skool aan die Kaap word geopen. Die onderwysbeginsel wat die Nederlandse volksplanters uit die Hervorming ontneem het, wou dat elke kind 'n godsdienstige opvoeding kry. Willem Wijland, die sieketrooster, was in afwesigheid van 'n formele skool aanvanklik verantwoordelik vir die godsdiensonderrig van die kinders aan die Kaap. Die eerste skool was bedoel om die slawe touwys te maak in die Hollandse taal en die Christelike geloof. Hierdie skooltjie, die latere bekende solderskool, was 'n beskeie begin met twaalf blanke kinders, vier slawe- en een Hottentotkind, die voorloper van 'n skoolstelsel waarin moedertaalonderrig en Christelike vorming ingebou sou wees.