KULTUURDAGBOEK 10 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag in 1961 is Charles Roberts Swart, (gebore op 5 Desember 1894) as eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika verkies. Sy openbare lewe het in 1919 begin toe hy organiserende sekretaris van die Nasionale Party in die Oranje-Vrystaat geword het. In 1923 het hy Volksraadslid geword, in 1948 Minister en in 1960 Goewerneur-generaal. Van 31 Mei 1961 af was hy amptelik staatspresident.
In 1968 het hy afgetree en in 1972 is die Dekorasie vir Voortreflike Diens aan hom toegeken. Die amp van Staatspresident het in 1961 verskil van dié van die Boererepubliek waar mense soos Paul Kruger en MT Steyn regerings- sowel as staatshoofde was. Hy word vir sewe jaar tydens 'n gesamentlike sitting van die Senaat en Volksraad met 'n meerderheid van stemme in die amp verkies en is normaalweg nie herkiesbaar nie.
Hy moes die Senaat of die Volksraad ontbind, ministers op aanbeveling van die premier aanstel, eerbewyse toeken, buitelandse verteenwoordigers op aanbeveling aanstel of ontvang, die Parlement laat vergader of ontbind, staatsverdrae bekragtig, krygswet afkondig of herroep, oorlog verklaar of vrede sluit, oortreders begenadig en as simbool van die staat die eer en belange van die land dien en beskerm. Die kabinetslede vorm saam met die staatspresident die Staatspresident-in-rade, maar die staatspresident tree eintlik op volgens advies van en minstens in oorleg met die kabinetslede.
Die Staatspresident-Sport-toekenning (sedert 1966) en die Staatspresidentswag (sedert 1967) was van groot betekenis in ons land.
Die opvolger van CR Swart was JJ Fouche (April 1968 tot April 1975), dr Nic Diederichs (April 1975 tot Augustus 1978), BJ Vorster (Oktober 1978 tot Junie 1979), Marais Viljoen (Junie 1979 tot 1984), PW Botha (1984 tot 1989) en FW de Klerk tot 1994 (wat nie net ons land aan 'n swart terroristebende in 1994 oorhandig het nie maar selfs PW se presidentskap omvergewerp het om dit te kan regkry – dieselfde terroriste wat duisende mense met bomme in ons land vermoor het, en duisende van ons seuns en manne in 'n grensoorlog gedood het waarvoor die terroristeleier tronktoe gestuur is waar FW die tronkvoël gaan uithaal het en hom president gemaak het.)
By aanvaarding van die amp lê die Staatspresident 'n ampseed voor die Hoofregter in die teenwoordigheid van ander hooggeplaastes tydens 'n besondere en plegtige seremonie af – dit het gewoonlik in 'n kerkgebou plaasgevind omdat dit 'n godsdienstige betekenis van gesag bevestig het maar word nie meer so gedoen deur die swart presidente nie aangesien hulle nie in God-Drie-enig glo nie.