Lees volledig by Kultuurdagboek
1. In 1951 op hierdie dag verskyn die eerste deel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT). Dit was 'n gebeurtenis van belang: die eerste vrug van 'n arbeid wat prof JJ Smith van die Universiteit van Stellenbosch in 1926 aangepak het om die Afrikaanse taalmiddele te versamel en te verklaar as intrument vir die jong, pas erkende taal. Teen 1980 het nog vyf dele reeds by die Staatsdrukker in Pretoria verskyn en is die organisasie van die begin stewig gevestig op Stellenbosch as staatsonderneming onder die vleuels van die Universiteit. Die Woordeboek, gebaseer op aantekeninge van die gebruik van Afrikaans, van streektaal tot vaktaal, bied 'n skat van woorde en uitdrukkings na omvang, betekenis en gebruik, bewerk met die hulp van bakman en leek. Elkeen kan uit hierdie versameling kundigheid put.
2. 1917: Die Saamwerk-Unie is op hierdie dag gestig. Lees hieroor in hoofartikel.
3. 1870: Ten spyte van genl JC Smuts se anti-Afrikaner-veldtog in sy latere loopbaan bly hy deel van 'n belangrike tydvak in ons volk se geskiedenis en word daar een en ander in die hoofartikel berig oor sy lewe na sy geboorte op hierdie dag.