1943: STIGTING VAN VROU- EN MOEDER- BEWEGING

KULTUURDAGBOEK 14 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Met die totstandkoming van die ATKV (SAS & H) is slegs manlike werknemers in diens van die SA Spoorweë as lede van die Vereniging toegelaat. Daar word toe vir die eerste keer vir die inskakeling van vroue as lede voorsiening gemaak in die ontwerpkonstitusie wat na afloop van die sogenaamde "Spoorbondkrisis" in 1933 en die daaropvolgende reorganisasie van die Vereniging in 1934 opgestel is.

In 1934 ontspring in verskillende sentra spontaan, sonder noemenswaardige organisatoriese verband, georganiseerde kringe van vrouelede wat as Dameskringe bekend staan. Hierdie Dameskringe, ook genoem Geselskringe, is gestig met die tweërleidoel om die 'sustershand aan medespoorweggesinne te bereik' en om weë en middele te bespreek om deur gesellighede, kollektes, ensovoorts, die Wesefonds te versterk.

In 1934 vind die eerste Uniale Jaarvergadering van die beweging 'n dag voor die ATKV-kongres in Johannesburg plaas. Dit is bygewoon deur een afgevaardigde van elke dameskring.