1965: BLOEMFONTEIN ONDERWYS- KOLLEGE SKEI VAN UOVS

KULTUURDAGBOEK 16 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Na aanbevelings van dr John Brebner aan die Vrystaatse Volksraad, word die Normaalskool op 12 Oktober 1898 met mnr PJ du Pré le Roux as hoof geopen.

Ná die Tweede Vryheidsoorlog heropen die 'Normal School' op 1 Augustus 1902 met mej EM Firks as hoof.

In 1912 word die Kollege herdoop tot die Normaal- en Politegniese Kollege, maar toe die huidige hoofgebou op 8 Februarie 1916 betrek is, is die politegniese gedagte laat vaar.

Afrikaans word vanaf 1919 gedoseer, en as onderrigmedium word dit onder rektorskap van dr CF Visser (1929 – 1942) ingevoer.

Op 6 Desember 1944 word die Normaalkollege die 'Fakulteit van Opvoedkunde', en in 1951 word die kollege herdoop tot die Onderwyserskollege van die UOVS.

Losmaking vind op 16 Junie 1965 plaas en die naam Bloemfonteinse Onderwyskollege word aanvaar.