AFRIKANER-LIBERALISME (8)

Lees reeks by Afrikaner-liberalisme

'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.

LIBERALISME IN DIE PERSWESE (2)

G.D. SCHOLTZ

Diametraal die teenoorgestelde van die beleid van Hofmeyr om maar Gods water oor Gods akker te laat vloei, was dié van agtereenvolgende leiers van die Nasionale Party. Reeds in 1911 het genl Hertzog aan 'n Engelssprekende geskryf: " Ever since 1903 I have advocated segregation as the only permanent solution of the question... It is with a feeling akin to horror that I look into the future with the question unsolved. Our children and their posterity will more and more feel the dead weight of 'n lower civilization dragging them down to die level of their native environment, unless they suffer themselves to by completely extirpated." Hierdie woorde van genl Hertzog het hul waarde en betekenis tot vandag toe behou.

In 1923 het genl Smuts 'n wetsontwerp by die Volksraad ingedien in verband met die beheer oor Swartes in die stede. Daarin is ook voorsiening gemaak vir die verkryging van eiendomsreg deur Swartes in die stede en dorpe. Genl Hertzog het hom op 7 Februarie sterk hierteen uitgespreek: "Die naturel sal nou grond mag koop in die lokasie... Die Wet op K.....-grondbesit van 1913 het bepaal dat die naturel in die Blanke gebiede net 'n tydelike inwoner is en geen grondeienaar kan wees nie. Deur die Swartes nou grond te laat kry in die lokasie, wyk ons van daardie beginsel af."

So suksesvol was genl Hertzog met sy teenstand dat genl Smuts die betrokke artikel teruggetrek het.

Nadat hy in 1924 Eerste Minister geword het, het genl Hertzog op 25 Maart 1925 in die Volksraad verklaar: "Ek hou vandag vol... dat gebiedsegregasie nie alleen die basis van segregasie moet wees nie, maar dat gebiedsegregasie die enigste gesonde politiek is wat gevolg kan word.  Die lewe in daardie gebiede (wat vir die naturale beskikbaar gestel sal word) moet vir hom van so 'n aard wees dat dit vir hom aanlokliker sal wees om daar te woon as in die agterbuurtes van die stede.  Al wat ons wil hê is dat die naturel nie uiteindelik van al sy grond ontroof sal wees en die straatveërs van die beskawing in die stede sal word nie."

Dr DF Malan was net so oortuig daavan as genl Herzog dat daar duidelike skeidslyne tussen Blank en Nie-Blank getrek moes word. Hy het op 8 November 1938 in een van die vernaamste toesprake van sy lang politieke loopbaan, in Bloemfontein sy standpunt baie helder en duidelik gestel. Hy het o.m. gesê : "Ons volk moet kies. As die liberalisme reg is, volg hom dan na. Gooi dan die deure van u land oop vir wie wil binnekom, Blank of gekleurd, en maak dan van u land 'n markplein vir die wêreld in plaas van 'n huis viru kinders. Doen dan weg met alle rasse- en kleurskeidslyne in die kerk en die skool, in die Parlement en by die stembus, op u treine en trems en in u huis en aan u tafels. Roep Suid-Afrika op om hom af te keer van sy 'dwaalweg' en om in die naam van reg en geregtigheid terug te gaan op sy eie besoedelde voetspore.

"Maar as die liberalisme verkeerd is, verwerp hom dan met beslistheid en verwerp hom nou. Beskerm dan met vaste hand u Blanke ras en u Blanke beskawing met al die nodige maatreëls wat u Blanke voogdyskap van u eis en u doelbewuste bestemming u toe verplig."

Tien jaar later, met die algemene verkiesing van 1948 het dr Malan namens die Nasionale Party in 'n manifes die standpunte ten opsigte van die vernaamste vraagstukke uiteengesit. Wat die rassebeleid betref, is o.m. verklaar: "Die algemene landsbeleid moet so opgestel word dat dit die ideaal van uiteindelike algehele apartheid op 'n natuurlike wyse sal bevorder... Die beginsel van gebiedsegregasie tussen Blankes en Swartes word in die algemeen aanvaar...  Die naturellereservate moet die ware vaderland van die naturel word...  'n Groter verskeidenheid van ekonomiese bedrywighede sal geleidelik tot stand gebring word om groter produktiwiteit en stabiliteit aan die reservate te bewerkstellig."

Hoewel hy minder as vier jaar lank Eerste Minister was, het mnr J.G.Strijdom nogtans steeds die grootste moontlike skeiding tussen Blank en Nie-Blank bepleit. Op 14 September 1954 het hy in Pretoria verklaar dat "namate omstandighede verander en die witman se nood groter word, toekomstige geslagte sonder twyfel ook op hul beurt baie verder in hul apartheidsmaatreëls sal gaan as wat ons vandag kan doen. Uiteindelik mag hulle ter wille van selfbehoud en vrede tussen Blank en Nie-Blank hulself verplig ag om totale apartheid teweeg te bring. As die kiesers dit dan wil aanvaar, sal dit 'n praktiese en uitvoerbare beleid wees."

Op 26 Maart 1955 het mnr Strijdom sy standpunt oor skeiding tussen Blank en Nie-Blank onomwonde gestel: "As die standpunt ingeneem moet word dat nywerheidsontwikkeling onbeheers en sonder beperking moet voortgaan en naturelle-instroming selfs die vreemde beperking moet voorgaan en naturelle-instroming selfs die vreemde gebiede onbelemmerd toegelaat moet word, dan sal die Unie se stede later net klein wit stippeltjies omring deur miljoene Nie-Blankes wees.  Watter hoop sal daar dan wees vir Suid-Afrika se Blankedom? Die Nasionale Party se beleid is dat, waar naturelle ingedring het in Blanke gebiede, hulle weer uitgeskuif moet word om wrywing uit te skakel en billik die geleentheid gegee moet word om hul eie gebiede te ontwikkel. Meer en meer moet gebruik gemaak word van trekarbeid; en nywerhede moet so na moontlik aan die reservate opgerig word."

In een van die laaste toeprake wat hy gehou het, het mnr Strijdom op 26 Maart 1958 in Stellenbosch verklaar: " Die Nasionale Party se groot ideaal is die behoud van die Blankedom en sy heerskappy in Suid-Afrika, want alleen 'n baie dom of oneerlike mens kan politieke gelykstelling bepleit en dan nog sê dat die witman in Suid-Afrika as witman kan voortbestaan. Daarom sê ek veg ons vir die behoud en uitbreiding van ons land se tradisionele lewensbeskouing en beleid van apartheid, nl dat daar oral waar dit prakties moontlik is, skeiding tussen Blank en Nie-Blank moet wees. Dit is al manier om die Blanke voortbestaan te beveilig en uiteindelik 'n bloedige botsing tussen Blank en Nie-Blank te vermy."

Dr HF Verwoerd het reeds as Minister van Naturellesake geopenbaar dat hy ten opsigte van die rasseverhoudinge die beginsel van skeiding aanvaar het. Op 5 Desember 1950 het hy voor die Verteenwoordigende Naturelleraad verklaar: "Die uitgangspunt in die verhouding tussen Blank en Nie-Blank kan wees: Moet die ontwikkeling van die Swart en Blank gemeenskappe in die toekoms deurmekaar plaasvind of geskei van mekaar sover prakties moontlik? Indien die antwoord deurmekaar is, dan moet daar duidelik besef word dat oral mededinging en botsing sal plaasvind... In sulke botsings sal die Blanke minstens vir 'n lang tyd die beste daarvan afkom en die Nie-Blanke sal op elke gebied die onderspit delf. Dit moet noodwendig in hom 'n stygende verset en wrok veroorsaak. Nòg vir die Blanke, nòg vir die Swarte kan so 'n toestand 'n ideale toekoms bied."

Dit was dr Verwoerd wat die voet van die Swarte op die pad na selfbestuur geplaas het. Hy het met die Transkei begin. Toe hy op 23 Januarie 1962 in die Volksraad aangekondig het dat die Transkei 'n eie regering gaan kry, het hy gesê dat hierdie stap aan die Swarte  " 'n groot, magtige rykdom van kanse bied vir sy eie verryking en van dienslewering binne hul eie gemeenskap soos dit sal ontwikkel. Ek sien dat die posisie mettertyd so gaan word dat juis die Bantoe wat kom werk en ervaring kry in die Blanke gebied, sal teruggaan om gebruik te maak daarvan vanweë die menigte ander werksaamhede wat gedurig daar sal ontstaan."

John Vorster, wie hy ookal andersins was, kon op wat sy voorgangers ten opsigte van afsonderlike ontwikkeling gedoen het, voortbou. Op 'n kongres van die Afrikaanse Studentbond wat hy op 1 Julie 1974 in Potchefstroom toegespreek het, verklaar hy: "...u kan nie besin oor Suid-Afrika van vandag sonder om by afsonderlike ontwikkeling uit te kom nie. Ek wil verder gaan om te sê van afsonderlike ontwikkeling, dat hy nie net vandag wesenlik vir Suid-Afrika is nie, maar dat hy wesenlik is vir die Suid-Afrika van more omdat... "

Daar is lank by hierdie saak stilgestaan omdat dit nodig was om duidelik aan te toon dat oor 'n besondere aspek van die rasseverhoudinge daar 'n diepe kloof bestaan tussen die beleid van die nasionaalgesinde Afrikaner en dié van die liberale Hofmeyr. Die leiers van die Nasionale Party was nie bereid om toe te laat dat die aanwesigheid van die Swarte in die Blanke gebiede as permanent aanvaar sou word nie. Maar dit is juis wat Hofmeyr geëis het.

Hoewel hulle voorgegee het dat hulle die beleid van die Nasionale Party steun, was dit uiters opmerklik dat die koerantredakteurs wat hulself as 'verlig' bestempel het, hierdie groot beginsel verwerp en dat hulle saam met Hofmeyr bepleit het dat die aanwesigheid van die Swarte in die Blanke gebiede as permanent aanvaar moet word. As voorbeeld van hierdie 'verligtheid' kan geneem word wat die hoofredakteur van Die Transvaler geskryf het. In 'n artikel het hy tien stellings genoem waarmee alle lede van die Nasionale Party dit dan eens behoort te wees. Die sewende lui as volg: "Die Swartmense in Blanke gebiede sal as 'n permanente toestand (sic) aanvaar moet word. Dit hou die konsekwensie in dat waar Swart werkers nie in naby geleë tuislande gevestig kan word nie, hulle behoorlike leef- en werktoestande moet ontvang. Alle geriewe moet aansienlik uitgebrei word. Hulle stede moet ontwikkel word tot moderne sentrums. Die stede waar groot getalle Swartmense woon, moet selfbestuur oor hulle eie sake bekom op die vlak van stadsrade. Skakelstrukture met Blanke plaaslike owerhede moet hul inspraak ter wille van hul eie belange waarborg. Die politieke skakeling met die tuislande verdien nog indringende aandag. Verskillende weë moet nog ondersoek word om die stadswartes op politieke vlak tot hulle reg te laat kom."

Hierdie standpunt druis reëlreg in teen wat alle leiers van die Nasionale Party op daardie tydstip verkondig het maar dit is in volkome ooreenstemming met wat Hofmeyr verkondig het. Die 'verligtheid' het dus gelei tot die versaking van die nasionale standpunt oor 'n baie belangrike saak en die aanvaarding van die liberalistiese standpunt.

Dat die Swarte oral ordentlike en menswaardige behandeling moes geniet, was 'n saak wat elke weldenkende Afrikaner sonder meer sal erken. Dit gaan egter nie daaroor nie. Die vorige leiers van die Nasionale Party het egter gewis nie sonder rede dikwels so ernstig daarvoor gepleit nie. In teenstelling met Hofmeyr wat van geen skeiding wou weet nie wat in twyfel verkeer het of sy eie standpunt die behoud van die Blanke beskawing sou waarborg, was die NP-leiers almal diep bekommerd oor die bedreiging waaraan die Blankes hulself blootstel wanneer daar geen doeltreffende skeiding tussen Blank en Swart bewerkstellig word nie.

Dit is vandag inderdaad die grootste tragedie in die geskiedenis van Suid-Afrika dat die meerderheid van die Blankes nie daarvan oortuig kon word dat segregasie, afsonderlike ontwikkeling of te wel apartheid, was as kern het behoorlike gebiedskeiding, die enigste manier was om die toekoms van die beskawing hier aan die suidpunt van Afrika te kon beveilig nie. Die vrugte daarvan word vandag gepluk met 'n derde-wêreldse land met van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld, 'n ekonomie wat reguit afgrondtoe spoed, en die hoogste werkloosheidsyfer in die geskiedenis van die land.

Vervolg...