NOU KOM ONS VIR JULLE!

Wat nou?

"Teen ons, u volk, smee hulle listig 'n plan, u vyande maak rumoer, u haters steek die hoof op; hulle sê 'Kom laat ons hulle vernietig dat hulle geen volk meer is nie'. O God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Help ons, o God, om die eer van u Naam en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam; vergeld ons bure sewevoudig, laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte, en ons, u volk, sal U vir ewig loof!"

So pleit die Psalmdigter by God toe sy volksvyande wat ook haters van God was, hulle wou oorweldig.

Die Afrikanervolk is reeds oorweldig en terwyl hy swyg word hy in toenemende tempo uitgewis. Hoe lank gaan ons nog swyg terwyl ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word?    Móét ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms só belemmer dat hulle na die buiteland vlug?  Swyg terwyl ons kinders se toekoms sienderoë vernietig word?  Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, nee, nee! Ons durf nie verder swyg nie!   Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit hoor en moed skep sodat ons saam die probleem kan pak.

Ons word dag en nag as rassehaters uitgemaak maar daar is net een kleur rassehater in hierdie land, en dit is nie wit nie. Ons is van altyd af besig om die haters te kersten, te voed en te klee, in te sleep in die moderne tegnologie, op te hef, te paai en ekskuus te vra vir wat ons nié gedoen het nie. Ons verduur, ons vergewe en sommige mag selfs tevergeefs probeer vergeet maar die prentjie sal nooit verander vóór die Boer weer sy regmatige plek in die hiërargie van hierdie sogenaamde reënboognasie inneem nie. En dít kan slegs met ferm optrede slaag soos die Voortrekkers by Bloedrivier toe hulle met presisie beplan, voorberei en vasberade stelling ingeneem het nadat hulle die saak ten volle aan die Here toevertrou het.

Daar is niks so pateties as diegene wat uitroep: “Ag Here, help ons!” maar self nie ‘n vinger lig en planne bedink om uit te voer nie. Steve Hofmeyr skryf: “As jy moet skiet, moet nie mis skiet nie!” Maar hoeveel van ons is reeds paraat genoeg om so ver te gaan? Boere wat die hoofteiken is loop nou nog ongewapend op die plaas rond, om nie eers te praat van deure wat nie gesluit word en onveilige vensters nie! Toegegee, dis nie altyd maklik om by alle veiligheidsreëls te hou nie maar dit is dikwels tydens daardie een onbewaakte oomblik wat die volgende plaasmoord plaasvind. Só ‘n man kan ook nie op die slagveld vertrou word nie want daardie een onbewaakte oomblik kan hom én sy maters hulle lewens kos.

Waarom verg dit ‘n Senekal om die eerste maal te tande te wys? Hoeveel keer tevore het ons al die streep getrek met : “Tot hier toe en nie verder nie!” , “Genoeg is nou genoeg” en “Nog een plaasmoord dan...” ? Ja, dan wat? Dit is moeilik om te glo dat ons nie wíl optree nie, dan bly net die feit oor dat ons nie wéét wat om te doen nie. Dan is dit nóu die tyd om te besin en te beplan oor wat dán, en vinnig ook, die uurglas loop uit.

Senekal was ‘n vingerwysing na ons wat al jare dreig maar niks doen nie. Senekal is ook nie afgehandel nie, want dit is ‘n uitdaging oor dít wat vir ons voorlê. Die rassehaters kon netsowel teen die kranse uitgeroep het: “Boere, ons kom vir julle!” Verwag dan nou ook ‘n toenemende en selfs militêre aanslag teen die Blanke.

Dit is tyd dat ons besef ons staan alleen met net God aan ons kant maar onthou, met Hom is ons ‘n oormag!

Vergeet van die ANC-regime, hulle sit agter die volksmoord met allerhande liegpraatjies wat deur naïewe volksgenote geglo word. Hou op om hulle deursigtige stories te glo!

Vergeet die polisie. Hulle is die instrumente wat die vuilwerk uitvoer en is nie daar om ons te hulp te snel in nood nie. Die omvang van bedrog en moord wat deur hulle gepleeg word is te groot om te beskryf!

Vergeet van die buiteland. Daar is niemand wat ons te hulp sal kom nie. Nie nou nie. Ons sal hier eers hierdie bal aan die rol moet kry.

Maar moenie van God vergeet nie! Hy bly in beheer en wil van Suid-Afrika ‘n voorbeeld vir die hele wêreld maak. Wanneer Suid-Afrika opgeruim word sal almal in verstomming staan oor God se genade en herstel van ons klein volkie in Suid-Afrika. Ons sal weer soos in Gideon se tyd in kleingeloof aanskou dat die Here slegs die aantal dapper manne na die gevegsfront stuur en hoe Hy self die mure laat tuimel.

In Handelinge 13 waarsku God dat die veragters van sy Woord net voordat hulle verdwyn verstom sal toekyk na die wonderwerk wat God sal doen, so groot, so ongelooflik, dat niemand dit sal glo indien dit vooraf vir hulle vertel word nie. Dit kan ook in hierdie dae met Suid-Afrika gebeur. Staan dan vas, gereed, paraat, getrou, en veg soos ‘n Godsman wanneer dit jou te beurt val. Dít is wat dan!