WIE EN WAT IS NATO NOU EINTLIK?

Dr Willem Jordaan

NATO, die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (in Afrikaans bekend as NAVO) is die wêreld se grootste militêre mag. Dit is saamgestel uit 29 Noord-Amerikaanse en Europese state en bestaan sedert 1949. Dit stel dus ‘n kollektiewe verdedigingsmag daar en vorm die VSA die kern daarvan. NAVO bestee jaarliks $1 triljoen wat 70% van die wêreld se besteding behels.

Aanvanklik het WARSKOU as teenvoeter vir NAVO gedien tydens die Koue Oorlog. Die USSR het die kern van die WARSKOU verdragslande gevorm. Met die ontbinding van die USSR in 1991 het state van die ou WARSKOU hulle by NAVO aangesluit.

Die VSA dra die grootste las van die NAVO-begroting en beheer ook die aksies van Navo al is NAVO in Europa gestig. NAVO het veral berugtheid verwerf vir die omstrede inval in Joegoeslawië in 1999.

NAVO is veronderstel om soos die VVO (die Verenigde Nasies) as ‘n vredesmag te opereer. Hy is nie veronderstel om ‘n weermag te wees wat namens sy lidlande teen nie-lidlande op te tree nie. Daarom was NAVO se optrede in Joegoeslawië ‘n flagrante skending van die Internasionale Reg. So gesien word NAVO dus (hoofsaaklik deur die VSA) misbruik om oorlog te stook en te voer teen state terwyl daar geen toesighoudende liggaam is wat die aksies daarvan kan beheer nie. Veral die VSA is skuldig in hierdie verband.

Navo gee dus voor om defensief op te tree, maar doen presies die teenoorgestelde. Boonop tree dit nie eens meer op ingevolge sy oorspronklike doelstelling nie, maar word sy aanvanklike oogmerke totaal en al geïgnoreer. NAVO word al meer die aggressor en het selfs nou missiele teen die grens van Rusland opgestel terwyl daar geen rede of bedreiging was wat dit regverdig nie. Oorloë in Libië, Pakistan en Afghanistan bedreig nie een van die lidlande van NAVO nie, maar word NAVO gebruik om Amerikaanse ekspansionisme te regverdig.

Donald Trump het al gedreig om die VSA van NAVO te onttrek, maar dit was maar net nog een van sy leë beloftes. Die leuen oor die bedreiging wat Rusland kwansuis vir die wêreld inhou was ook net nog ‘n wyse waarop NAVO sy tentakels kan versprei. So word ook die leuen (hierdie keer téén Trump) versprei dat Rusland “ingemeng” het in die Amerikaanse Pesidentsverkiesing wat natuurlik dan vir NAVO die “reg” gee om sy invloed uit te brei.

In stede daarvan om die waarheid , naamlik dat die VSA die wêreld se grootste bedreiging vir vrede is, aan te hoor, moet mense nou hoor dat Rusland wêreldvrede bedreig. Het Rusland sedert 1991 enige staat ingeval? Enige staat se verkiesings gemanipuleer? Enige staat ekonomies vernietig? Nee. Die VSA het wel. Tog word Rusland as die aggressor aangedui.

Met die bedreiging wat NAVO en die VSA vir die vrye wêreld inhou, wie kan Rusland kwalik neem dat hy homself tot die tande toe bewapen en ook wapens uitvoer en tot redding van ‘n staat soos Sirië kom waar ISIS (onder Amerikaanse begeleiding) onwettig die staat ingeval het? Die VSA het soldate in 175 state en net sy toevoeging tot sy militêre begroting in 2018 is groter as Rusland se totale militêre begroting.

Toe Rusland boonop versoek het om by NAVO aan te sluit is dit van die hand gewys. Daar is meer geld te maak daaruit om Rusland as ‘n vyand en ‘n bedreiging te beskou.

Terwyl die VSA die staatsgreep in die Ukraïene bewerkstellig het en die land in chaos gedompel het, het Rusland die Krim (Crimea) ingelyf nadat feitlik die hele bevolking van die Krim in ‘n referendum daarvoor gestem het. Tog word laasgenoemde as ‘n daad van aggressie beskou en eersgenoemde as ‘n demokratiese handeling.

Die oorloë deur NAVO gevoer in Libië en deur die VSA in Sirië het ‘n massiewe vlugtelingsprobleem na Europa veroorsaak. Dit op sy beurt het onrus en geweld in Europese state tot gevolg. Dit alles kan voor die deur van NAVO en die VSA gelê word.

Hilliary Clinton se berugte e-posse het aan die lig gebring dat die werklike rede waarom NAVO Libië ingeval het die feit is dat Gaddafi ‘n goud-gesteunde Afrika-geldeenheid daar wou stel wat ten alle koste verhoed moes word en om beheer oor die oliereserwes van Libië te kry. Dus, al die ander redes was leuens. Libië is dus onder dekmantel van ‘n leuen totaal vernietig en in chaos gedompel.

Wat inderwaarheid gebeur het is dat die VSA sy rug op die VN gedraai het en eenvoudig reg in eie hande geneem het om deur middel van onder andere NAVO te doen net wat hy wil. NAVO is op die oomblik niks anders nie as ‘n “loose canon” wat gebruik en misbruik word vir doeleindes wat niks met vrede te doen het nie, maar wel alles met Amerikaanse ekspansionisme.

WIE EN WAT IS NATO NOU EINTLIK?  (NR 69)