COVID-19 SE BABA...

...OF WÊRELDGELDMAG S’N?

Onthou u Gelofteland het vroeër geskryf dat daar ‘n opvolgvirus vir Covid-19 sal wees want die Geldmag vereis 65 miljoen sterftes soos hulle verlede jaar Oktober tydens hulle ‘simulasie’ van die proses besluit het net voor hulle Covid-19 vrygestel het? Dalk onthou u ook dat Bill Gates met ‘n glimlag gesê het daar sál nog ‘n virus wees, en dalk nog een...

Nou ja, hier is hy! Covid-19 het glo deur middel van mutasie in ‘n gevaarliker en meer aansteeklike vorm na vore gekom naamlik ‘Spike D614G’.

Dit wil voorkom asof hierdie virus reeds vanaf helfte Februarie in Europa hoogs aktief is en ander virusse binne weke domineer. Daar word sommer ook vroeg in hierdie sage gewaarsku dat Spike D614G meer mutasies en dus nuwe virusse sal voortbring indien dit nie tydens die komende somer in Europa se hittetjies afsterf nie.

Natuurlik is hierdie navorsing uitgevoer deur ‘n gesamentlike span Amerikaners en Britte by die Los Alamos Nasionale Laboratorium waarvandaan hulle ‘n ernstige beroep op ander navorsers doen om met hulle saam te werk aangesien hulle reeds inligting oor die virus het. En nou is daar ‘n stemmetjie wat fluistervra of hierdie virus nie dalk sy ontstaan in daardie laboratorium gehad het nie...

Die wetenskaplikes is aangeraai om darem ook die bietjie goeie nuus met die publiek te deel, dat dié virus niks meer dodelik as Covid-19 is nie alhoewel daar ‘n hoër virale lading per sel te bespeur is, wat dit meer aansteeklik as sy voorganger maak.

En dan kom die “mees belangrike mededeling”, dat hierdie virus sowel as ander virusse “alles te make het met inenting en immuniteit”, en dat elkeen verskillend is en verskeie inentings verg. Die wêreld moet hulself dus voorberei op gereelde inentingsessies wat afgedwing sal word met newe-effekte en al teen elke verskillende virus.

‘n Interessante wetenskaplike waarneming is nou dat Italië, wat buitengewoon erg deur Covid-19 getref is, reeds sedert vroeg Februarie ook geteister is deur Spike D614G. Dalk is dit die rede waarom dit so uitermate sleg daar verloop het.

Ook Amerika het klaarblyklik lankal onder Spike D614G deurgeloop en is dit die dominante virus wat die vernietigingswerk daar uitvoer.

Indien Spike D614G werklik so hoogsaansteeklik is behoort dit sy draai nog vinniger in elke land te maak as Covid-19 maar dit sal die tyd ons leer. Wat ons wel weet is dat dit die Wêreldgeldmag sal behaag om grendeltyd so lank as moontlik in te span om die vernietiging van lande se ekonomieë tot by die punt te dryf waar die instelling van die Een Wêreldregering sonder weerstand sal verloop.