ONS VOLK HET HULP NODIG (4)

Lees reeks by Dr Verwoerd as Welsynsbeplanner

BRIEF AAN DIE EERSTE MINISTER

Sekretariaat van die Volkskongres, Waalstraat 6,
Kaapstad.
5 Febr. 1935.
Sy Hoogedele die Eerste Minister,
Generaal J. B. M. Hertzog,
Departement van die Eerste Minister,
Kaapstad.

Hoogedele Heer,

Die voortsettingskomitee van die Volkskongres oor die Arm- blankevraagstuk het aan my opgedra om u eerbiediglik te versoek om ’n afvaardiging te ontvang op 25 of 26 Februarie of ’n ander datum wat vir u meer geleë is omstreeks dieselfde tydperk.

Die afvaardiging sal verskillende dele van die land en verskillende bestanddele van die bevolking verteenwoordig. Dit wil graag by u bepleit die eerste en een van die mees fundamentele voorstelle deur die Volkskongres aanvaar naamlik instelling van ’n Departement van Maatskaplike Welvaart. Die Voortsettings­komitee nader u as hoof van die Regering in hierdie saak daar dit g’n enkele departement alleen raak nie.

Die Komitee wil graag hier op skrif stel waarom hy die instel­ling van so ’n Departement bepleit en die geaardheid van die funksies wat hy meen daaraan toevertrou moet word soos dit deur die afvaardiging aan u sal voorgelê word.

Die Volkskongres was baie sterk onder die indruk van hoë vraagstukke soos dié van armoede en veragtering in die geval van blankes, en van maatskaplike tekortkomings in die geval van kleurlinge reeds tientalle jare bestaan sonder dat hulle ooit planmatig aangepak is. Weliswaar is soms ernstige pogings tot werkverskaffing gemaak, maar blote werkverskaffing is sonder dat dit rekening hou met sekere eise van maatskaplike welsyn nie altyd voldoende nie. In baie gevalle is maatreëls wat net gerig is op maatskaplike welsyn selfs meer belangrik as werkverskaffing! Die Volkskongres het gevoel dat ’n Departement deur die Staat moet ingestel word wat ’n beleid en leiding aan die land kan gee in verband met sy probleme van maatskaplike welsyn en waardeur die Regering kan werk in verband met al die welvaartswerksaamhede wat nou so versprei is onder sy departemente. Dan sal ook tenminste een orgaan duidelik verantwoordelik wees vir die Staat se aandeel aan welvaartswerk en sal die liefdadigheidsverenigings (wat oor die hele land versprei is, wat leiding en steun nodig het in hulle werk en wat die belange van die hele gemeenskap vrywillig dien) weet van een verantwoordelike liggaam waarmee hulle moet saamwerk. Die feit dat die inisiatief om ’n sistematiese plan vir die bestryding van armoede en agteruitgang op te stel van ’n Volkskongres uitgegaan het, en nie van die kant van die Staat nie, het die Kongres gemeen is juis daaraan te wyte dat daar g’n departement was wat so defmitief die taak gehad het om in verband met sulke sake leiding te neem nie, soos wel die geval is in verband met b.v. die Landbou, die Handel, die Mynwese of die Finansies van die land. Die Kongres het egter gevoel dat hoewel dit ’n program van aksie kan opstel dit deur die Voortsettingskomitee nie baie verder sou kan gaan as om so ’n program van ak­sie te bepleit nie. Alleen ’n Departement met ’n hele organisasie sou in staat wees om gedurig op hoogte van feite te bly, nuwe planne te ontwikkel na gelang van veranderde omstandighede, konstruktiewe ondernemings te begin, te leer van mislukkings en op verbeterde metodes voort te gaan.

Die Voortsettingskomitee is natuurlik bewus van die instelling van ’n gedeelte van ’n Bureau met die oog op maatskaplike ondersoekings. Dit is ook bewus van die geaardheid en omvang van die welvaartswerksaamhede van die Departement van Arbeid. Daar is egter nogtans baie welvaartswerksaamhede wat in noue aansluiting aanmekaar behoort waargeneem te word onder ander departemente versprei, en die ervaring het getoon dat die soek na ’n omvattende beleid nie uit die bestaan van sulke organisasies gevloei het nie. Gevolglik het die Volkskongres diep oortuig geraak van die behoefte aan so ’n Departement, wie se hele taak sou wees om sekere duidelike pligte op die gebied van die maat­skaplike welsyn te behartig sodat hieraan en hieraan alleen sy doeltreffendheid en die geskiktheid van sy amptenare sal gemeet word.

Dit is begryplik dat alleen ’n sorgvuldige kennis en ontleding van die funksies van die verskillende departemente sal kan lei tot die presiese aanduiding van die besonderhede van die werksaamhede van so ’n Departement van Maatskaplike Welvaart. Die volgende dui egter in algemene trekke ’n verskeidenheid van funk­sies van so ’n Departement aan: die sorg vir die behuising in die omvattende sin waarin dit op die Kongres bepleit is; die inrigting van ’n landsdiens van Maatskaplike Werk; die beheer oor maat­skaplike werk in verband met Staats Landbou- en Bosbounedersettings en in verband met ander vorms van spesiale Staatswerkverskaffing b.v. deur middel van arbeidsbeurse in verband met onderstandswerk en selfs op spoorwegwerk; die administrasie van ouderdoms- en moederspensioene; die beheer van dwang- en werkkolonies; die leiding in verband met die ontwikkeling van behoorlike vermaaklikheids- en ontspanningsdienste; die verleen van raadgewing en steun aan ’n groot aantal welvaartsverenigings namens die staat; en die toesig oor die subsidising van welvaartswerk, of dit nou provinsiaal of uniaal geskied, sodat ’n sekere eenvormigheid van optrede ontstaan. Streng genome sou Kin- derwelvaart en alles wat daarmee verbind is ook onder so ’n De­partement moet sorteer, wat egter weens die onlangse herorganisasie onder die Departement van Uniale Onderwys miskien moeiliker sou kan verkry word. Eindelik kan ook daarop gewys word hoe dat hierdie staatsorganisasie direk verantwoordelik sou kan gemaak word vir die behartiging van die belange op maat­skaplike welvaartsgebied van die kleurling-bevolking.

Die Volkskongres het gemeen dat hierdeur heel duidelik aangetoon word hoe die eerste en mees fundamentele stap in die bestryding van armoede en agteruitgang deur die Staat kan geneem word. Die Voortsettingskomitee versoek u dus om u welwillende en ernstige oorweging te skenk aan hierdie sy van ’n saak wat u seker baie na aan die hart lê. Dit versoek u ook eerbiediglik om u vriendelike tegemoetkoming in verband met die ontvangs van sy afvaardiging wat hierdie saak namens die Volkskongres graag by u wil bepleit.

Met hoogagting,             

Die uwe,

(Get.) Erika Theron. Sekretaresse.