AFRIKANER- NASIONALISME (2)

T B Floyd

Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme

Nasie en volk

Nasionalisme is ’n begrip wat in verband staan met ’n nasie, en dus is dit nodig om allereers duidelikheid te kry oor die begrip nasie. Die woorde nasie en volk word dikwels gebruik om dieselfde betekenis weer te gee, maar soms ook om iets anders aan te dui. Sommige gee aan die term volk ’n wyer betekenis as nasie en ander heg weer ’n nouer betekenis daaraan. Dit het gelei tot verskillende omskrywings van die woorde wat naderhand verwarring tot gevolg het. Helderheid is dus noodsaaklik voordat nasionalisme verder bespreek kan word. Die omskrywing moet ’n algemene betekenis besit wat verstaanbaar is vir die gewone mens wat oor die begrippe nasie en nasionalisme dink. Dit moet van toepassing wees op alle nasies, klein en groot.

Woordeboeke en Ensiklopedieë:

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal omskryf nasie soos volg: “Groep enkelinge wat tot dieselfde staat behoort wat ’n politieke eenheid vorm: Elke willekeurige versameling mense wat onder dieselfde politieke organisasie staan. Die Switserse nasie omvat gedeeltes van verskillende volke. Ras is ’n biologiese eenheid; volk ’n kulturele een­heid; nasie ’n politieke eenheid. Volk: Groep mense wat deur eenheid en taal en historiese ontwikkeling ’n duidelike besef van saamhorigheid besit.

Nie-blanke arbeiders.”[1] Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek bevat die volgende om­skrywings van nasie en volk: “Nasie: Mense van dieselfde stam wat in die reël dieselfde taal praat en dieselfde sedes het; Volk: Inboorling- arbeiders, nasie, laere stande van ’n nasie, aardbewoners.”[2]

Die Afrikaanse Woordeboek omskryf nasie en volk soos volg: ”Nasie: mense van dieselfde stam wat i/d. reël dieselfde taal praat en dieselfde sedes het. Volk van ’n bepaalde staat. Volk: Bantoe, Kleurling of die gesamentlike bewoners van ’n staat; die gemeenskap van bewoners van ’n land wat afstamming, taal, sedes en oorlewering in gemeen het; Nasie: die gesamentlike bewoners van ’n landstreek, die groot massa bewoners van ’n land, laere stande van ’n nasie, aardbewoners.”[3]

The Shorter Oxford English Dictionary gee die betekenis van die woord nasie soos volg:”Nation: Distinct race or people characterized by common descent, language or history, organised as a separate state and occupying a definite territory.”

Encyclopedia Americana gee die volgende verduideliking van nasie: “Basis of Nationhood, the factors of language, race, national character, religion, territory, political institutions and economic integration.”

Volgens dr. J. Albert Coetzee wys die Dictionary of Political Science en die Staatslexikon ook op die eienskap van ’n nasie. Eersgenoemde : Since the French Revolution nation connotes the conception of people who are conscious of their common historical and cultural back­ground and who wish to perpetuate this background politically i.e. within the framework of a state.” Staatslexikon sê: “Elke nasie wat met ’n lewendige eiewaardegevoel vervul is, streef na ’n staatsraamwerk wat by hom pas.” 1

Dr. D.J. Kotze skryf oor die woord nasie: “Die woord nasie is afkomstig van die Latynse woord natio. ’n Nasie het oorspronklik beteken ’n groep mense wat in ’n bepaalde land gebore is en gevolglik geografies en biologies aan mekaar verwant is. Met verloop van tyd het die begrip egter ’n politieke by-betekenis geword. Dit het op ’n sekere tydstip beteken al die burgers van ’n staat. Die politieke betekenis het egter ook ’n groeiproses ondergaan, en vandag kan nasie soos volg gedefinieer word: ’n Groep mense wat hulself as ’n eenheid beskou en bewustelik daarna streef om ’n eie onafhanklike staatsverband te besit, word ’n nasie genoem. ’n Nasie is dus ’n eenheidsbewuste en politiekgerigte gemeenskap. Sonder so ’n eenheidsgevoel en gemeenskaplike politieke strewe kon daar nie ’n nasie wees nie. Hieruit is dit duidelik dat ’n nasie kon bestaan nog voordat dit ’n eie onafhanklike staat besit. Die oomblik dat ’n aantal mense ’n eenheidsgevoel besit en begeer om staatkundig selfstandig te wees, vorm hulle reeds ’n nasie. ’n Nasie kan ook ’n nasie bly selfs al verloor dit sy staatkundige onafhanklikheid.”[4] - In sy boek Politieke Groepering in die wording van die Afrikanernasie skryf dr. J. Albert Coetzee: “Daar bestaan verskillende beskouings oor wat ’n nasie is. Sommige is indiwidualisties, andere formalisties, nog weer ander sosiaal-psigologies, ens.

’n Nasie is ’n organiese eenheid met ’n definitiewe bestemming en funksie, taak of roeping. Dit is om hierdie bestemmingsbeginsel dat ’n nasie ontstaan. Die bestemmingsbeginsel hang saam met die algemene bestemmmg van die mensdom om te vermenigvuldig, die aarde te onderwerp, te ontwikkel en daaroor heerskappy te voer, m.a.w. om ’n kultuurtaak te vervul. Om dan op bepaalde terreine hierdie funksie te vervul, word daar uit die mensdom nasies gedifferensieer, elkeen met sy besondere aanleg en bestemming.

“In die differensiering van ’n nasie uit die mensdom is verskillende faktore werksaam waaronder veral die volgende van belang is:

  1. Die godsdienstige faktor, wat aan die nasie ’n bepaalde lewensbeskouing besorg.
  2. Die aardrykskundige faktor, wat ’n afsonderlike landsbewussyn kweek en k deur ekonomiese, klimatologiese en ander omstandighede ’n eie volksaard bevorder.
  3. Die staatkundige faktor, wat ’n bevolking polities saambind of wat hom politiek bewus maak.
  4. Die taalfaktor, wat ’n afsonderlike taalgroepering veroorsaak.
  5. Die stamfaktor, waardeur ’n bloedverwantskap in die groep uitbrei.
  6. Die ras en kleurfaktore, waardeur ras en kleurgroepering bestaan en die verwantskapsbewussyn ’n ras- of kleurfondament verkry.
  7. Die geskiedenisfaktor, wat aan die groep ’n gemeenskaplike tradisie gee.

A1 hierdie, en ander faktore, of sommige daarvan is werksaam tot die vorming van ’n nasionale aard en bewussyn.”8

Dr. Kotze omskryf ’n volk as “’n groep mense wat sekere gemeenskaplike kultuurkenmerke besit, d.w.s. dieselfde opvattings en ideale het, dieselfde wyse van doen het en identiese materiële en geestelike produkte lewer of vir hul toeëien. Dit kan ook as waardes en belange aangedui word. Die lede van ’n volk praat dieselfde taal en het dieselfde sedes en gewoontes, dieselfde helde en vyande, dieselfde voorliefdes en dieselfde griewe, veral teen ander kultuurgroepe.”[5]

Wat hier omskryf word, is niks anders as ’n nasie nie en dr. Kotze kon maar gesê het dat die woord volk soms nasie beteken, soos die Afrikaanse Woordeboek dit aangee, mits hulle bewus word van hul eie aparte identiteit en strewe om hul eie onafhanklike staatsverband te besit.

Die Bybel:

In die Bybel word die woorde nasie en volk dikwels gebruik. Volk beteken soms nasie en soms mense of bevolking. ’n Paar voorbeelde uit die Afrikaanse, Nederlandse en Engelse vertalings word hier vermeld:

Boek en Afrikaanse Nederlandse Engelse
vers
Genesis in hul lande Volken Nations
volgens
10/31 hul nasies
17/5 Nasies Volken Nations
17/16 Nasies Volken Nations
18/18 groot en magtige Volken worden a great and mighty
nasie sal word en sal en alle nation and all the
al die nasies van volken der aarde nations of the
die aarde earth
21/13 Nasie Volken Nation
Levitikus
18/29 Volk Volken People
Deuteronium
4/33 Volk Volken People
4/34 Nasie Volken Nation
Psalms
117/1 Loof die Here Looft den Heere, O Praise the Lord
alle nasies: alle Heidenen: all ye nations:
Prys Hom, prijst Hem Praise Him,
alle Volke alle natien all ye people
Esegiel
30/11 Hy en sy Volk Hij en sijn Volk He and his people
saam met Hom, met Hom, de with him, the
die geweldigste tirannigste der terrible of the
nasies Heidenen nations
Sagaria
8/23 Nasies Volken Nations
12/3 Nasies Volken Nations
Handelinge
13/24 Hele Volk Israel Al den Volke All the people of
Israel Israel
24/17 my Volk mijn Volk my nation

Openbaringe

17/15 Volke en menigtes Volken en scharen People, multitudes, en nasies en tale en natien en                nations and

tongen                                                                                  tongues

Digters:

’n Nasie se digters vertolk gewoonlik sy innigste gevoelens en verlange beter as enige ander skrywer en dit is dus goed om hulle gebruik van die woorde nasie en volk te ondersoek.

Die Afrikaanse Volkslied van A. Pannevis, C.P. Hoogenhout, D.F. du Toit en SJ. du Toit bevat die volgende woorde:

“’n Ieder nasie het sy land;

Ons woon op Afrikaanse strand;

Vir ons is daar geen beter grond Op al die wye wêreld rond;

Trots is ons om die naam te dra van kinders van Suid-Afrika.”

“’n Ieder nasie het sy taal;

Ons praat van Kaap tot in Transvaal

Wat almal maklik kan verstaan - Gedenk aan Volk en Land, getroue Hemelheer,

Sien gunstig ook op ons nes op ons vaders neer;

Bekroon ons handewerk en skenk ons U gena,

En seën, liewe Heer, Vereenigd Afrika!”

Hierin het nasie en volk dieselfde betekenis. Die gedagte van ’n taalverband en ’n gemeenskaplike land word ook uitgespreek. verder word die bloed, kultuur en lewensbeskouing duidelik opgeneem in die gedagte van kinders van dieselfde vaderland.

Uit C.P. Hoogenhout se “Ons Toekomstige Volkslied” kry ons die volgende:

“Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal

Woon een vereenigd’ volk een algemene taal;

’n Volk voorheen miskend, ’n taal voorheen versmoord,

Maar nou beroemd, geëerd in oos, wes, suid en noord.”

In hierdie gedig beteken volk wel nasie.

Waar C.J. Langenhoven in Die Stem die woorde “Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer” gebruik, praat hy van die Afrikanervolk of -nasie soos duidelik blyk uit die woorde in ’n ander vers: “Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra: Waar en trou as Afrikaners - kinders van Suid-Afrika.”

Die woorde in die Transvaalse Volkslied “Kent gij dat volk van heldemoed, beteken duidelik “Kent gij dat nasie van heldemoed.” Dieselfde geld vir die woorde “Afrikaners landgenoten wees getrou aan Volk en taal” wat in die bekende lied te vinde is.

C.P. Hoogenhout gebruik duidelik die twee woorde volk en nasie as alternatiewe woorde met dieselfde betekenis in sy gedig ,”’n ieder nasie het sy land .. . Want al die nasies het een God; Hy reël ieder volk sy lot; Hy het vir ieder volk sy taal.”

So skryf Gustav Preller in April 1905: “De taal die in een land leeft, die in het ganse volk wortelt, heeft in dat land en onder dat Volk die meeste kans op voortbestaan - Afrikaans wortelt diep en leeft gesond in die Afrikaanse natie.”[6] Duidelik word weer die begrippe volk en nasie as alternatiewes beskou.

“Jy sê die stryd is verlore,

Ons nasie te arm en klein,

Ons taal uit ’n drang gebore

Wat een van die dae verdwyn?”

In Droogte skryf hy:

“Die droogte is in ons, dis verarming van binne wat ons so verniel.

Stuur, Heer, die reën van u erbarming en drenk die dorheid van ons volk se siel.”

In Land van ons Vadere skryf hy:

“Trots op die duurverworwe heuwel staan en onder in die diep vallei van rus

Wit huise van die vrede sien, en volksbewus

Skouer aan skouer langs die grootpad gaan.”

In hierdie gedigte van Du Plessis het volk en nasie dieselfde betekens. C.L. Leipoldt in Oom Gert vertel gebruik die woorde: “Aan wat ons het, en staan orent, en neem - Jul aandeel aan ons nasie!”

In Die Dieper Reg van N.P. van Wyk Louw vind ons die woorde: “Ek kom om vir ’n volk te pleit wat klein naas al die volke staan. As jy ’n trotse volk verkneg, word opstand teen die reg sy reg.”

Die woord volk word deur Van Wyk Louw met dieselfde betekenis as nasie gebruik.

G.A. Watermeyer gebruik die woord volk net soos Van Wyk Louw in die volgende gedigte:

Geroepe Volk:

“Klein Boerevolk in die breë land.”

Laaste skietgebed van die Oudstryder:

“Verby herinnering, verby die bitter wat ons Volk moes ly.”

Links - Regs:

“Ek roep uit Eloffstraat en eis: gee aan my volk se kinders vleis.”

Stemreg:

“Stemreg is gewetenspraak waarmee ’n volk sy eie maak.”

Helderheid:

“Bly blank, my volk bly blank in gees, laat helderheid jou hartslag wees,”

Vervolg...

 


[1]    Deur dr. P.C. Schooneas, C.I. Swanepoel, dr. S.J. du Toit en C.M. Booysen.

[2]    Deur prof. M.S.B. Kritzinger, prof. FJ. Labuschagne, en prof. P. de V. Pienaar.

[3]    Deur dr. H.J. Terblanche en dr. Odendaal.

[4]    Nasionatisme, 'n Vergelykende Studie deur prof. dr. D.J. Kotze, p. 17.

[5]    Nasionalisme, ’n vergelykende Studie deur prof. dr. DJ. Kotze, p. 14.

[6]    Afrikaanse Literatuurgeskiedenis deur dr. G. Dekker.