AFRIKANER- NASIONALISME (14)

T B Floyd

Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme

In 1928 het die stryd binne die Nasionale Party oor die republikeinse ideaal losgebrand.

Op 15 Mei 1928 het die Federale Raad besluit om artikel 4 van die Program van Beginsels van die Nasionale Party te wysig op so ’n wyse dat die nuwe soewereine status aanvaar word, maar afstand gedoen word van die Republikeinse strewe.7 9 Die ou artikel kon as soewereine onafhanklikheid of republikeinse onafhanklikheid vertolk word.

’n Vergadering op Potchefstroom op 25 Augustus 1928 het beswaar teen die wysiging gemaak. Daar was beroering in die Nasionale Party.8 0 Die skrywer onthou goed hoe die Partysekretaris gery het om takke in Kaapland te paai en oor te haal. Hy het destyds onder andere die Stellenbosch-tak toegespreek.

 

Die Nasionale Party het wel die verkiesing van 1929 gewen maar binne die party het disintegrasie begin intree. Volgens dr. Scholtz het ’n aantal persone op 17 Desember 1929 in Bloemfontein vergader om die volgende te bespreek:

„1. Wil ons berus in die heidige status van die Unie?

„2. Wat verlang ons van die Nasionale Party op hierdie gebied ?

„3. Beantwoord die huidige beleid van die Nasionale Party, wat die status van die Unie betref, aan ons ideaal ?

„4. Kan ons ideaal deur die Nasionale Party verwesenlik word ?

„5. Indien ja, watter middele moet aangewend word om dit te ver­wesenlik.

„Deur die vergadering is besluit om die republikeinse ideaal opnuut aan die Afrikanervolk as sy einddoel voor te hou.”[1]

Hoewel die gedagte toegespits was op die republikeinse ideaal, het die gevoel van die republikeine die hele stryd vir die Afrikanerdom, sy belange en regte gedek. Die einddoel van die herstel van die Afrikaner­nasie in al sy regte en baasskap in sy eie land het tog nie as ’n helder groen lig geskyn nie, maar was nog ietwat dof.

Die volgende jaar is die Republikeinse Bond onder leiding van T.C. Visser, N.J. van der Merwe en ds. Du Toit gestig.[2] Generaal Hertzog het die republikeine sterk aangeval en die stigting van die Bond afgekeur.

Die Republikeine was ’n groep wat op die beginsels van Christelik- nasionalisme wou vasstaan. Hulle het, ten spyte van generaal Hertzog, voortgegaan met die Republikeinse Bond, en dus buite die Nasionale Party die ideale van die Afrikaner bevorder.

Die vergadering in Bloemfontein en die stigting van die Republikeinse Bond is almal bewyse dat die Nasionale Party as ’n doeltreffende poli­tieke front van Afrikaner-nasionalisme by heelwat Afrikaners onder verdenking was. Van die Party se oogpunt is enige verdenking beskou as ’n groot sonde.

Van 1928 het hierdie stryd oor die republikeinse vraagstuk ook binne die Nasionale Party gewoed. Generaal Hertzog het, terwyl hy op die Rykskonferensie verder helderheid omtrent die vryheid verkry het, tog terselfdertyd Suid-Afrika met ryksvoorkeur vaster aan die ryksekonomie geknoop. Laasgenoemde daad het tot ’n mate sy oorwinning van 1926 verydel.

Onder leiding van generaal Hertzog en ’n tweede konsiliasiebeleid het die Nasionale Party nader aan die Suid-Afrikaanse Party beweeg.

Oor hierdie tydperk na 1927 skryf N.G.S. van der Walt soos volg: „In die volgende sewe jaar verflou die republikeinse gedagte op politieke gebied in so ’n mate dat die ideaal deur organisasies buitekant die poli- tiek gelcoester moet word, maar onder druk van alierlei stoflike om- standighede verdwyn hulle uiteindelik uit die openbare lewe. Terselfder­tyd lei partypolitieke verydeling tot die soeke na groter saamhorigheid wat mettertyd sy beslag vind in die samesmelting van groot politieke partye. Uit hierdie gebeurtenis skiet reaksie in ’n militante en radikale nasionalisme op wat die twee hoofdryfvere van die vryheidsbeweging uiteindelik ondubbelsinnig in hom sou verenig.”[3]

Dit was net natuurlik want nasionalisme in die geval van ’n verowerde nasie eis dat die politieke front militant en radikaal moet optree.

Op die kongres van die Vrystaat se Nasionale Party in 1930 het generaal Hertzog die geleentheid gebruik om die Republikeine aan te val en het na N.J. van der Merwe en ander persone verwys.

Dr. Malan het die Republikeine geen ondersteuning gegee nie maar het hulle teengestaan. Later, na samesmelting, het Malan hom omring deur dieselfde Republikeine gevind teen wie hy in 1928 gewaarsku het. Toe hy gevra is waarom hy sy standpunt verander het, antwoord hy: Dit is ’n treurige persoon wat nie gewillig is om te leer nie.”[4] Dit was sekerlik geen antwoord op die vraag nie.

Die waarheid was dat hy nie geleer het nie, maar dat hy as politikus opgetree en geweet het dat as hy dit nie gedoen het nie hy uit die politiek sou verdwyn het.

Generaal Hertzog was nie in beginsel teen ’n republiek nie maar was van mening dat so iets vir die toekoms gelaat moes word. Hy wou probeer om die Engelse stroom stadig oor te lei na die Afrikaanse stroom en het gevoel dat om op die republikeinse snaar te tokkel, hulle afgeskrif sou word. Basies was generaal Hertzog se houding tog Afri- kaner-nasionalisme maar hy het verskil met die Republikeiue oor tak- tiek. Sy taktiek het totaal misluk en het nog meer misluk weens dr. Malan se afsydigheid. Malan het in basiese beginsels met generaal Hertzog en die Republikeine verskil. In sy boek praat hy van ’n bree maar egte Suid-Afrikaanse nasionalisme.8 5 Hy beweer dat dit die pad van die Nasionale Party vanaf 1915 was. Hierdie bewering is sekerlik nie reg wat die groot meerderheid van die leiers en die lede van die Nasionale Party nou en in die verlede betref nie. Dit was nie voor 1943 nie dat dr. Malan na vore gekom het met sy Suid-Afrikaanse nasie- gedagte waarin die Afrikanernasie maar net ’n gelyke deel met die Engelssprekende groep moet vorm. Dit kan wel wees dat hyself van die begin van 1915 hierdie gedagte gekoester het, maar hy was ’n te uitge- slape politikus om dit voor 1943, en dan op goed bedekte manier, te voorskyn te laat kom, anders het hy met samesmelting uit die politieke lewe verdwyn.

Hy het wel aanvaar dat ’n republiek later sou kom maar dit het uit sy demokratiese grondslag en nie uit Afrikaner-nasionalisme ontstaan nie. Malan was ’n Afrikaner-patriot maar dit is te betwyfel of hy ’n suiwer of oortuigde Afrikaner-nasionalis was. Hy was wel ’n groot demokraat en ’n sterk verdediger van die Afrikaanse taal en kultuur.

Ongelukkig, sedert die ontstaan van die Nasionale Party tot vandag toe, is die beginsels van hierdie party ten gunste van ’n Suid-Afrikaanse volk en Suid-Afrikaanse nasionalisme. Eers het amper almal dit maar vertolk as bedoelende die Afrikanernasie en so het sprekers dit aan die massa oorgedra. Dit wys net hoe ’n gespeel met woorde later tot groot verwatering en selfs tot ’n vreemde pad kan lei. Daar moet helderheid van begrippe in ’n party se beginsels wees.

Om terug te keer tot die Vrystaat se kongres - G.D. Scholtz beweer dat hierdie kongres ’n keerpunt in die lotgevalle van die Nasionale Party aandui.[5] Dit het gekom na gedurige botsings tussen die leiers. Baie denkende mense wat ondersteuners van Afrikaner-nasionalisme was, het aan generaal Hertzog se leiding begin twyfel.[6]

Toe die verskille groot geword het, was dit sekerlik verkeerd om ’n valse eenheid te bewaar behalwe as ’n mens soos dr. Malan in party- eenheid volkseenheid sien. N.J. van der Merwe het besef dat die NaSio- nale Party nie meer as die politieke front van die Afrikanerdom optree nie, en sy plig volgens die beginsels van nasionalisme was duidelik om te breek en ’n nuwe politieke front te skep. By heelwat republikeine was daar die aandrang dat hy dit moes doen maar die drang na ’n eenheid, al is dit ’n valse eenheid en die lojaliteit aan ’n party is geweldig sterk onder die Afrikaner.

Prof. L.J. du Plessis het so iets op die tweede kongres van die Cal- vinistiese Bond voorgestel.[7] Hier gaan dit nie daarom of hy dit op taktvolle wyse of op die regte plek gedoen het nie maar bloot oor die feit en dit moes sekerlik N.J. van der Merwe se gewete geraak het.

Die rol van die Afrikaanse koerante onder sulke omstandighede is ook dikwels verkeerd en hulle tree op as party-organe in plaas van in- strumente van die Afrikanernasie wat hom moet inlig. Al die Afrikaanse koerante behalwe Die Weste van Potchefstroom het teen die republi­keinse groep opgetree en geweier om briewe ten gunste van ’n republiek te publiseer.

N.J. van der Merwe het soos volg aan sy teleurstelling in die politieke rigting op 23 Desember 1931 in sy dagboek uiting gegee: „Ek vrees egter dat generaal Hertzog vandag nie meer leier is van die kultuurstryd van die Afrikaner nie, al is hy nog leier van die Nasionale Party.”8 9 Met ander woorde generaal Hertzog het nie meer as die leier van die politieke front van die Afrikanerdom opgetree nie.

Die groot depressie, die droogtes en die verlating van die goudstan- daard deur Engeland het Suid-Afrika swaar getref. Die verdeelde Na­sionale Party was verplig om met die moeilike ekonomiese toestand te worstel sonder die voile ondersteuning van ’n sterk nasionalisme.

Toe het Tielman Roos, wat destyds op die regsbank was, hom besig gehou met ondermynende politieke bedrywighede.9 0 Dr. W.P. Steen- kamp wat die Nasionale Werkers- en Boerebond gestig het, het in voeling met Roos gebly. Eers was daar die gedagte van ’n republikeinse party en toe kom Tielman Roos met ’n koalisieregering as oplossing vir die land se moeilikhede. Hy het pogings aangewend om so ’n regering met generaal Smuts te vorm. Generaal Hertzog het hiervoor geskrik. Waar hy eers soveel botsing met die regse element van sy party gehad het, kom daar toe moeilikheid aan die linker kant. Verder was daar reeds verdeeldheid in die Arbeiderparty. Generaal Hertzog het gevrees dat die regerende partye sal verloor. Dit het hom nog nader aan gene­raal Smuts laat beweeg. Generaal Smuts het Tielman Roos se toenadering van die hand gewys en toe generaal Hertzog genader om ’n koalisieregering te vorm. Generaal Hertzog was in ’n hoek gedrywe en het voortgegaan met onderhandelings met generaal Smuts ten spyte daarvan dat dr. Malan en die meerderheid van die Nasionale Party daarteen was.

Roos se plan volgens W.P. Steenkamp was om net vir ’n tyd saam met generaal Smuts te werk en dan hom te uitoorle en met die meerder­heid weg te breek. In 1933 het die koalisie tot stand gekom. Tielman Roos was uitoorle. Allerhande mooiklinkende redes vir koalisie is later uitgedink en verkondig om die massa te mislei. Dit was niks anders as ’n stukkie politieke opportunisme nie. Tielman Roos se party het twee setels in die 1933-verkiesing gewen. Hy nader toe dr. Malan om saam te smelt maar Malan het die toenadering van die hand gewys.[8]

Koalisie het uitgebrei tot samesmelting en die vorming van ’n nuwe party in 1934. Die eenheid van die Nasionale Party het nog met koalisie behoue gebly. Dit was ’n eenheid waarin die partypolitiek, met sy lae sedelike peil, oor die beginsels van Afrikaner-nasionalisme getriomfeer het. Nasionalisme het sy laagste vlak sedert die Vryheidsoorlog bereik. Met die volgende stap tot safflesmelting het die skeuring gekom.

Malan het geweier om so ver van die Afrikanerpad te gaan as om met generaal Smuts ’n nuwe party te stig. Sy Suid-Afrikanisme en die van generaal Smuts het darem verskil. Alhoewel hy sy beginsels gesluk het waar hy, teen sy wil, in koalisie gegaan het, wou dr. Malan as sterk partyman die eenheid bewaar.

Met sy opvatting van volkseenheid deur ’n sogenaamde Suid-Afri- kaanse nasionalisme en ’n eenheid (?) met twee tale en kulture wat vir altyd so moet bly, moes daar vir hom, as hy helder in sy opvattings was, minder van ’n struikelblok gewees het om met generaal Smuts te smelt, as in die geval van generaal Hertzog wat nader aan Afrikaner-nasionalisme gestaan het.

Ten spyte daarvan dat dr. Malan in sy boek beweer dat hy die Suid- Afrikaanse nasie-gedagte sedert 1915 gehuldig het, skyn dit deur sy houding dat hy nog nie helderheid daaroor in 1934 gehad het nie.[9]

Na samesmelting het daar ’n tydperk van haat en nyd onder Afri­kaners gevolg. G.D. Scholtz druk dit so uit: „Ter wiile van die Brit en die Jood het Afrikaners mekaar gehaat en geslaan. Sodanig was die gevolge van samesmeiting.”9 3 Net voor samesmeiting het generaal Hertzog gesê dat die Nasionale Party uitgedien is en hierin was hy reg. As politieke front van Afrikaner- nasionalisme was dit op daardie tydstip uitgedien, maar die fout het by die leiers en nie die lede gelê nie.

Vervolg...

 


[1]    Dr. Nicolaas Johannes van der Merwe 1888-1940 deur G.D. Scholtz, p. 186.

[2]    Die skrywer het gehelp om ’n tak van die Bond op Kroonstad te stig en was sekretaris daarvan en M.F. Toerien, voorsitter.

[3]    Die Republikeinse Strewe, p. 135.

[4]    Ibid., p. 142 en 146.

[5]    Dr. Nicolaas Johannes van der Merwe 1888-1940 deur G.D. Scholtz, p. 199-203.

[6]    Nasionalisme in Suid-Afrika beteken Afrikaner-nasionalisme. Daar kan geen ander wees nie want daar is geen ander inheemse nasie nie. Soiets as Suid- Afrikaans bestaan net nie.

[7]    Dr. Nicolaas Johannes van der Merwe 1888-1940, p. 169.

[8]    D.F. Malan, Afrikaner Volkseenheid en my ervaringe op die pad daarheen, p. 149

en 150.

[9]    Ibid., p. 45 tot 48.