Outobiografie van Robey Leibbrandt:
GEEN GENADE
Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self
Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ is, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.
Voorwoord tot 1993-uitgawe uitgegee deur Willie Bienedell Uitgewers
Hierdie boek “Geen Genade" deur Robey Leibbrandt is in Julie Augustus 1966 vir die eerste keer deur Robey Leibbrandt self gepubliseer. Op I Augustus van daardie jaar is hy aan 'n hartaanval oorlede. Met sy ontydige dood het die verspreiding van die boek nie gerealiseer nie.
By die lees van die boek staan die leser verbaas oor die profetiese insigte wat Leibbrandt openbaar. Die Duitse skrywer Ludwig Borne (1786-1837) skryf soos volg oor die vermoë om te profeteer:
"Wie die natuurwette, ook in die geskiedenis ken en erken, kan profeteer; wie nie, weet nie wat more sal geskied nie, al is hy ook 'n minister."
In hierdie boek skryf Leibbrandt: "Dit is byna te laat. Ons is omsingel deur die Kommuniste. Ons land is deurdrenk van Kommuniste. Hulle wag net op bevel van Moskou. Laat dissipline ons wagwoord wees. Ons het nog 'n kans om as blanke volk voort te bestaan. Ons mag nie wanhoop nie. Ons mag nie twyfel nie." Dit was in 1966. 'n Maand na Robey Leibbrandt se dood, op 6 September 1966 is Suid-Afrika se Eerste Minister, dr. Hendrik Verwoerd, in die parlement in Kaapstad deur die Kommunis Tsafendas vermoor.
Dr. Verwoerd se opvolger, meneer John Vorster, het daarna weg beweeg van dr. Verwoerd se beleidsrigting en het begin met 'n beleid wat eers bekend gestaan het as "verandering," "dialoog" en "uitwaartse beweging". In Oktober 1974 het dit "détente'' geword. Dit is betekenisvol omdat die Russiese Minister van Buitelandse Sake, Anatoly Gromyko in 1980 onder andere oor détente geskryf het:
"Boonop het die ondervinding getoon dat dit juis onder die beleid van détente, en te danke aan détente, is dit dat die nasionale vryheidsbewegings in die verskillende dele van die wêreld hul belangrikste suksesse behaal het."
Van die dag dat die Suid-Afrikaanse regering met die dêtente-beleid begin het, het Mosambiek, Angola, Rhodesië (nou Zimbabwe) en Suidwes-Afrika (nou Namibië) in Kommunistiese hande geval. "Ons is omsingel deur die Kommuniste; Ons land is deurdrenk van Kommuniste," het Leibbrandt reeds in 1966 geskryf.
Stap vir stap is in naam van hervorming die weg voorberei vir die vrylating van Mandela, die ontbanning van die S.A.K.P., die A.N.C. en die P.A.C. en is die proses aangeskakel om ter wille van demokrasie Suid-Afrika onder 'n swart Kommunistiese regering te plaas, soos Zimbabwe en Namibië.
"Ontwaak, Suid Afrika! Gord aan die swaard en laat ons veg" skryf Leibbrandt. "God help alleer diegene wat bereid is om hulself te help. Organiseer, dissiplineer en bewapen elke weerbare man, vrou en kind. Laat ons Suid-Afrika omskep in 'n vesting wat vir die Kommunisme ondeurdringbaar is."
"Smart en pyn sal deel wees van die stryd," sê hy, "maar weghardloop, sal ons waaragtig nooit. Ons daag die stryd met doodsgevaar in a! sy verskeidenheid."
Waar Leibbrandt dit skryf, kyk hy diep in die verlede na die sages van ons heldedom, na die voorbeeld wat deur vasberade en toegewyde leiers gestel is, en na die inspirasie wat te put is uit die geskiedenis van 'n volk.
"Diep lê die spore van ons helde en heldinne in Suid-Afrikaanse bodem getrap," skryf hy. "Rustig pryk die grafte op ons rante en vlaktes as simbool van ons worstelstryd. Verdroog lê die bloed en trane uit liefde gestort. Van die Kaap tot ver in die Transvaal, deur Natal tot waar ons landsgrense strek is ons land met Afrikanerbloed deurdrenk. Dit is die lydensweg van 'n klein, dog dapper volk om hoër hoogtes te bereik. Dit is die goddelike voorgeskrewe pad wat elke volk moet bewandel. Dit is ons trots. Daaruit put ons krag. Laat ons veg en laat ons sterwe. Ons behoort aan jou Suid-Afrika!"
Dit is 'n opvatting wat na-verwant is aan N.P. van Wyk Louw se vers in Die Halwe Kring:
"... Sal elkeen as hy magteloos naby die sterwe lê
net hierdie eensaam wete uiteindelik nog hê:
dat ons nie kon gebuig word soos hul geweld dit wou,
en dat ons hoog kon lewe net aan ons bloed getrou."
Wat Louw in poësie sê, sê Leibbrandt in prosa wat plek-plek 'n poëtiese indruk laat.
Hy skryf: "Dit is onteenseglik groots om as oorwinnaar uit die stryd te tree, maar groter is die oorwinning vir die oorwonnene wat fanatiek weier om te kapituleer. "
Hierdie slotsom het ook die lewens van Gideon Scheepers, Jopie Fourie en andere gekenmerk. R.W. Schikkerling skryf bv. in sy dagboek "Hoe Ry die Boere" wat handel oor die Anglo-Boereoorlog, soos volg: "Enige sot kan hom verheug in 'n oorwinning maar dit vereis mannemoed om een neerlaag na die ander te verduur. Hierdie vasbyt teen 'n geweldige oormag is 'n intellektuele prestasie. Dit is te veeleisend vir die man wat beskik bloot oor geweldige liggaamskrag of bitterheid."
Dit is bogenoemde eienskappe wat manne soos Gideon Scheepers, Jopie Fourie en Robey Leibbrandt in staat stel om politieke gebeurtenisse dekades en selfs eeue na hul dood, te beïnvloed. Trouens, die Sunday Times van 6 Maart 1988 skryf: "The ghosts of Gideon Scheepers, Jopie Fourie en Robey Leibbrandt are still haunting the National Party." (En die liberales wat nou weer ‘n hou probeer inkry teen volkshelde uit ons geskiedenis - red).
Dieselfde koerant het in April 1990 die opwelling van Blanke verset teen die regering se paaibeleid teenoor die Kommuniste, toegeskryf aan inspirasie wat uit Leibbrandt se dade geput is.
Robey Leibbrandt kan nie weggeneem word deur die wat in die laterjare hulle lafhartigheid rasionaliseer tot "die nodigheid van hervorming" nie. Robey Leibbrandt is een van die Afrikaners wat hulle gedurig agtervolg op hulle smadelike pad van verraad teen alles waarvoor die Voortrekkers gestaan, en waarvoor manne soos Kruger, Steyn, De Wet, De la Rey en ander geveg het en bereid was om voor te sterf. Daarom moet hy selfs na sy dood verguis word.
Omdat Leibbrandt as gewone nasionalis 'n verbete vegter teen die duiwelse Kommunisme was, word hy vandag steeds deur die liberaliste en kommuniste wanvoorgestel en afgetakel. Selfs die S.A.T.V.-reeks oor hom in 1992 was so ver van die werklikheid dat dit as kinderagtig en belaglik afgemaak kan word.
"Is my avonture dan so fantasties" skryf Leibbrandt, "dat dit altyd afgewater, verdraai en uit verband geruk moet word? Waarom moet daar in boeke, tydskrifte en nuusblaaie gedurig gelieg word oor wat ek gedoen en nie gedoen het nie? Selfs hier in my eie vaderland is daar sekere non-entiteite wat twyfel aan die waarheid van my skrywe. Is dit onbeteuelde haat of veragtelike jaloesie? Of is dit die vrug van 'n inherente minderwaardigheidskompleks wat altyd neig om alles en almal of te bring na hulle eie nederige niveau?
Met hierdie outobiografie van Leibbrandt kry die publiek die geleentheid om, in teenstelling tot die vyandige propaganda, te lees wat Leibbrandt self beleef en te boek gestel het.
Dit dek 'n tydvak in die Afrikaner-geskiedenis, waaruit die begeestering van 'n enkeling, die romantiek van geloof aan 'n saak, en die avontuur van gewaagde dade opklink in die nuwe uitdaging wat aan die Afrikanervolk gestel word.
L.W. Bienedell Pretoria
25 Januarie 1993
Hierdie boek word uit dankbare erkentlikheid opgedra aan wyle konsul‑generaal Rudolf Karlowa en aan al die getroue kamerade wat my met soveel moed en durf bygestaan het gedurende my stryd in my vaderland, Suid-Afrika.
In nederige onderworpenheid aan die gesag van God, lê ons 'n gemeenskaplike krans op die grafte van die bloedgetuies van ons worstelstryd:
Johannes van der Walt, "wonder"stoeier van SA.
KarelTheron, B.Sc., Yskor, Pretoria
Hendrik Erasmus, beroepsoldaat
Doors Erasmus, Warmbad, Transvaal
Hulle het gesterwe in die geloof dat Suid-Afrika van alle bande vry moet wees. Hierdie strewe en ideaal is in onomwonde taal op 11 Maart 1943 in die Hooggeregshof in Pretoria beklemtoon. Luid het hierdie woorde deur die hofsaak geklink: I
"Wat die vonnis ook al mag inhou wat nou oor my uitgespreek gaan word, is van minder belang; hoofsaak is dat die vryheidsvaandel weer wapper oor groot Suid-Afrika. Van een ding kan julle egter seker wees, en dit is dat geen mag ter wêreld selfs met die ondersteuning van die duiwel in die hel, daartoe in staat is om hierdie Afrikanerhart te breek nie. In hierdie sin en gees roep ek uit: Na die hel met genade!"
Ook hulle het nie om genade gesmeek nie en is as sierstene ingemessel in die volksaltaar op die lydensweg na die kruin van die Republiek van Suid-Afrika.
R Leibbrandt
Vervolg...