ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (19)

  Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

Indien lesers die ware weergawe oor die nasionalisme, geloof en waagmoed van Robey Leibbrandt wil weet, moet u hierdie reeks nie misloop nie. Daar het onlangs ‘n liberale weergawe verskyn waarvan die skrywer in ‘n TV-onderhoud op die vraag waarom hy oor Leibbrandt geskryf het, geantwoord het: “’n Mens kan nie net oor goeie mense skryf nie”. Die suggestie wat hy laat dat Leibbrandt ‘n ‘slegte mens’ was, kom ooreen met die liberale inhoud van sy boek.

Ek maak kennis met die Ossewa‑brandwag

Aangesien ek wyle "Sambok" Smith, die Assistent-Kommandant-generaal die Ossewabrandwag (O.B.) geken het toe by nog redakteur van Die Spand op Graaff-Reinet was, het ek besluit om hom te gaan opsoek. Hy het my wantrouig ontvang en by my die indruk geskep dat hy gedurig in vrees lewe. Hywou nie dadelik glo dat ek wel Robey Leibbrandt was en dat ek van Duitsland gekom het nie. Om dit vas te stel, het hy my versoek om met hom Duits praat. Nadat hy oortuig was dat alles in orde is, het hy skielik vermoed dat woning bespied word en dat 'n Regeringsagent my moontlik kon gesien het toe ek sy huis binnegegaan het. Hy het gevolglik die straat gedurig deur die venster laat dophou. Toe daar egter niks gebeur nie, het hy geruster geword en met my begin gesels.

Sy vraag of Duitsland bereid is om 'n besending wapens na Suid-Afrika stuur, het my onmiddellik getref. Het konsul-generaal Rudolf Karlowa danniei aan my 'n soortgelyke vraag in Duitsland gestel nie? Ek het hierdie belaglige selfmoordplan skerp van die hand gewys.

"Op 'n lafhartige en eerlose wyse, ongekend in die geskiedenis van volke het die sogenaamde leier van die Afrikanervolk klakkeloos toegelaat dat ons volk ontwapen word," het ek gesê.

"Wat moes ons dan gedoen het?" wou die Assistent-Kommandant-generaal weet.

"Ek sal jou sê wat julle moes gedoen het. Die leier van die vyande van generaal Smuts se oorlogsbeleid moes soos volg gehandel het: op 'n reusesaamtrek moes hy die volk soos volg toegespreek het: `Afrikanervolk! Soos u wel weet eis generaal Smuts vandag ons wapens op. Hy eis nie alleen die wapens nie, maar eis ook dat dit vrywillig op 'n skinkbord aan sy polisiemag oorhandig moet word. Ons staan ongelukkig magteloos teenoor hierdie tirannieke bevel. Ons magteloosheid berus daarin dat ons eerstens ongewapen, tweede ongeorganiseerd en derdens ongedissiplineerd is, maar dit skenk ons geen konsessie om ons wapens vrywillig op 'n skinkbord aan ons vyande te oorhandig nie. Ons weier beslis om toe te laat dat generaal Smuts ons op so 'n lafhartige wyse ontwapen. Laat die polisie julle wapens by julle kom vat as hulle wil. Geen enkele persoon moet egter 'n skoot afvuur ter verdediging van sy wapen nie, want so 'n skoot sal verraad beteken teenoor die vrouens en kinders wat gewis daaronder sal ly.'

"Ek sal jou sê waarom daar geen kragtige leiding was nie. Die sogenaamde leier was te bang dat Jan Smuts hom miskien in die interneringskamp sou stop. Ons is tog so lief om te sing: `Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika!' Maar in ons binneste sê ons: `Nie rerig nie!'

"Om nou terug te kom na die besending wapens wat julle mense van die Ossewabrandwag by Duitsland aangevra het. Eers laat julle toe dat julle ont­wapen word, en dan wil julle skielik weer wapens hê. Om wat mee te maak? Tortelduiwe te skiet? Watter soort wapens verwag julle moet Duitsland vir julle stuur — regte wapens of net windbukse? Waar gaan die besending wapens aan wal gesit word? Deur wie, waar en hoe gaan die potensiële helde opgelei word? Teen wie gaan hulle veg? Teen generaal Smuts se gedissipli­neerde magte, toegerus met alle moderne krygstuig, insluitende vliegtuie, pantsermotors, kanonne en wat nog meer!"

Ek was teen dié tyd erg driftig en het uitgeroep: "Die hele gedagte is waan­sinnig, idioties, belaglik! Indien u of enige lid van die O.B. hom graag in 'n heroïese stryd wil opoffer, dan het u nou die kans. Ek sal geen enkele een van julle vooruit stuur nie, maar net eis dat julle my onverbiddelik en getrou volg."

"Wat is nou eintlik die doel van jou koms na Suid-Afrika?" wou die Assis­tent-Kommandant-generaal ewe sarkasties weet.

"My doel is glad nie om met wapengeweld te werk te gaan en sodoende die vroue en kinders van my volk in ellende te dompel nie. Met 'n paar daadkrag­tige en offervaardige manne sal ek die wil van die Afrikanervolk in die ewig­geldende daad konkretiseer," het ek beduie en vervolg:

"Waarom my groep noodwendig klein moet wees, is voor die hand-liggend. Die kern van 'n volk pas hom aan by die grootte van 'n volk en aangesien die Afrikanervolk klein in getalle is, moet ook sy kern dienooreenkomstig klein wees. Hierdie kerngroep wil ek saamsmee tot 'n hegte, homogene vegtende eenheid wat bereid sal wees om, indien nodig, die hoogste offer te bring."

Die Assistent-Kommandant-generaal het ongelukkig geen kommentaar gele­wer nie. Indien hy dit wel gedoen het, sou ek toe reeds geweet het wat die O.B. se politieke oogmerke was. Hy het my egter aangeraai om met die Assis­tent-Kommandant-generaal van die Vrystaat in verbinding te tree. Volgens hom sou hierdie persoon my help om my sender in Namakwaland te gaan haal. Ek het later uitgevind dat dit 'n ou taktiek onder die leiers van die Osse­wabrandwag was om altyd die verantwoordelikheid te ontduik en dit op die skouers van 'n ander gewillige esel te laai.

Die volgende aand is ek saam met die seun van "Sambok" Smith na Bloem­fontein. Wat my veral getref het, was die selfaangeblase vrees van die mense in Suid-Afrika. Oral om die woning van die Assistent-Kommandant-generaal van die Vrystaat was daar wagte. Met watter doel dit geskied het, kon ek een­voudig nie begryp nie. Die gevolg van hierdie toneelspelery was dat klein Smith dit nie wou waag om sy meerdere se wagte te trotseer nie. Net soos die vorige aand, moes ons toe maar weer in die veld slaap.

Die volgende oggend was ek genoodsaak om eers buite in die motor te wag totdat aan my "oudiënsie" verleen word. Die kinderagtige en belaglike grootdoenery van die O.B. se leier-hiërargie het my langsamerhand die duiwel in gemaak. Ek het nie na my vaderland teruggekeer om hier deur 'n spul opge­blase loodsoldaatjies oorheers te word nie. Na 'n tydjie is ek ingeroep en baie vriendelik ontvang. Gelukkig was dit nie nodig vir my om geloofsbriewe te toon nie.

Vervolg...